4 Julie 2012

331 keer gelees | 0 kommentaar

Die grondoudit wat deur die staat onderneem is en volgens die Regering verlede maand voltooi sou wees, moet teen Desember afgehandel wees, sê die DA.


Die stappe wat die Ministers van Landbou, Bosbou en Visserye en Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling gaan doen om die grondoudit af te handel, moet aan die portefeuljekomitee vir grondhervorming voorgelê word.

Dít is ’n versoek wat mnr. Athol Trollip, die Demokratiese Alliansie (DA) se woordvoerder vir grondhervorming, aan die voorsitter van die komitee gaan stuur.

Trollip se versoek volg ná me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, vroeër vandeesweek aangedui het dat die oudit eers teen Desember vanjaar afgehandel sal wees. Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, het in Maart vanjaar belowe dat die oudit teen verlede maand voltooi sou wees.

Uitbreiding
Luidens ’n verklaring van die party het Joemat-Pettersson glo ook opgemerk dat die omvang van die oudit uitgebrei sal word sodat dit ook statistiek oor grond wat deur buitelanders besit word, sal insluit. “Watter doel dít sal dien, is onduidelik. Dít veroorsaak onnodige verwarring en verlamming in die kritieke nasionale kwessie van grondhervorming,” aldus Trollip.

Volgens Trollip is dié verskuiwing van die doelwit ’n aanduiding van die gebrek aan kapasiteit en politieke wil van die ANC om werklik die oudit te voltooi.

“Dit dien eenvoudig nie sy belange om die oudit te voltooi voor die eeufeesherdenking van die Wet op Grond van 1913 volgende jaar nie. Om emosies op te jaag, is baie makliker as om die skuldiges voor stok te te kry.”

Die party meen enige pogings om grondhervorming sonder die oudit af te handel, is lagwekkend. Trollip haal Nkwinti aan oor die belangrikheid van die oudit: “As jy nie weet waarmee presies jy moet werk nie, sal jy ’n probleem hê.”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights