Grondpryse gunstig in drie provinsies

Deur Johann Bornman
20 April 2017
Die ontleding van grondverkope in die Noord-Kaap, Noordwes en Mpumalanga oor die afgelope jaar vertoon ʼn gunstige neiging.

Die volgende ontleding van grondverkope in Suid-Afrika is van transaksies vir grond wat groter is as 10 ha in Mpumalanga, die Noord-Kaap en Noordwes vanaf Februarie verlede jaar tot Januarie vanjaar.

In Mpumalanga was daar ’n dalende neiging in twee van die ses distrikte. Altesame 439 transaksies het 140 041 ha teen R2,868 miljard behels. Daarvan was 79 (18%) ooreenkomste van kleur, wat 29 586 ha (21,1%) teen R606 miljoen behels het. Al hoe meer transaksies (30%) is vir grond groter as 300 ha.

In die Noord-Kaap is 271 transaksies in 21 distrikte gesluit. Dit het 546 775 ha teen R1,971 miljard behels. Daarvan was 26 transaksies van kleur (9,6%), wat 53 088 ha (9,7%) teen R308 miljoen (15,6% van die totale waarde) verteenwoordig. Altesame 66% van die transaksies was vir grond groter as 300 ha. In vyf (23,8%) van die distrikte is dalende prysneigings waargeneem.

In Noordwes
Altesame 605 transaksies het in 12 distrikte in Noordwes plaasgevind. Net vyf van die distrikte se pryse het gedaal. Altesame 187 869 ha is verhandel teen R4,881 miljard.

Daarvan was 98 (16%) ooreenkomste van kleur, wat 12,6% van die totale waarde behels het. Altesame 32% van die transaksies was vir grond groter as 300 ha.

Lees die verskillende afdelings van die ontledings van Plaasverkope op Landbou.com, of klik op die banier hieronder.

Johann Bornman is ʼn ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels