deur ALANI JANEKE
9 Oktober 2012

489 keer gelees | 0 kommentaar

Genoeg voer is een van die grootste behoeftes wat boere in die N-Kaap het ná ’n verwoestende veldbrand.


 

’n Tekort aan veevoer is tans een van die grootste probleme waarmee boere in die Noord-Kaap te make het ná ’n brand groot verwoesting tussen Kathu, Kuruman en Lohatlha gesaai het. Mnr. Jan Theart, voorsitter van Agri Kuruman, sê die lys van plase wat sedert Donderdag, 4 Oktober 2012, deur die brand geraak is, staan tans op 32.

Van dié plase het heeltemal afgebrand, terwyl ander honderde of duisende hektaar se weiveld verloor het. Sowat 60 000 ha het in die slag gebly, en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die georganiseerde landbou gaan van Dinsdag, 9 Oktober 2012, ’n opname onderneem om al die skade te bepaal. Enkele veeverliese is reeds aangeteken.

Luidens ’n berig in Volksblad is die brand Maandag, 8 Oktober 2012, onder beheer gebring. Die brand het glo op die plaas Marsh, wat aan Kumba Iron Ore behoort, ontstaan. Die vermoede bestaan dat die brand gestig is en ’n klag sal by die Polisie aanhangig gemaak word.

Tekort aan voer
Theart sê hulle het reeds ’n kontantbedrag van R10 000 vir diesel ontvang om voer te kan vervoer, en van die voermaatskappye stel hul produkte aan boere beskikbaar teen ’n bedrag goedkoper as kosprys. “Ons het egter nog geen hulp ten opsigte van noodweiding ontvang nie, wat tans die grootste behoefte is.”

Die beskikbaarheid van voer vir die volgende sewe tot 14 dae is ook ’n ernstige bron van kommer. Theart sê dié behoefte is ook groot, aangesien dit boere sowat twee weke gaan kos om planne te kan maak om voer te koop of in die hande te kry.

Belangstellendes kan Agri Kuruman by tel. 053 712 3544 skakel om ’n skenking te maak. ’n Kontantbydrae vir die boere kan ook in die volgende rekening gedeponeer word:

Agri Kuruman

Absa taknommer: 334202

Rekeningnommer: 4056768781

Verwysing: Brand


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights