Deur ALANI JANEKE
5 September 2012

2162 keer gelees | 3 kommentaar

’n Kans van 80% bestaan dat SA in die komende seisoen onder ’n El Niño-weerverskynsel gaan deurloop.


As baie nat toestande in September, Oktober en November vanjaar voorkom, is die kans vir ’n El Niño-weerverskynsel in die somer baie groot.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloog by Santam Agri, het op die AMT-vooruitskouings konferensie in Pretoria gewaarsku dat boere versigtig moet wees vir die tweede deel van die seisoen as dié situasie voorkom.
 
“Indien dit nie voorkom nie, is die kans vir goeie reën in die tweede helfte van die seisoen baie groot,” aldus Van den Berg. “Onthou ook, die voorkoms van El Niño is geen waarborg vir droogte nie, maar dit verhoog die risiko vir droogte veral in die sentrale en westelike dele.”
 
Produksie
Van den Berg sê die El Niño -verskynsel het, interessant genoeg, nie noodwendig ’n slegte invloed op oeste nie. “Die vier droogste jare sedert die 1991/’92-boekjaar was ’n gevolg van El Niño, maar die vier jare wat sedertdien die grootste oeste gelewer het, was ook El Niño-jare.”
 
Die sterk winde wat in Augustus en in die begin van September in die land voorgekom het, is ’n aanduiding dat El Niño reeds ’n invloed op die weerstoestande het, sê van den Berg. “So, daar is ’n goeie moontlikheid vir reën in die komende maande.”
 
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


GerT

2012/09/07 09:16:35 AM

Maw as dit reen gaan dit nat wees en as dit nie reen nie gaan dit droog wees


Johann Lemmer

2012/09/08 11:27:57 AM

Ja Gert - gewoonlik is dit die geval. Ek is seker jy bedoel dat as dit reën gaan dit besonder goed reën en as dit nie reën nie gaan dit beslis goed droog wees. Ons sal oet sien maar ek vertrou dat wat ookla dit steeds 'n goeie oesjaar gaan wees. Ek wonder watter dele van ons land nog onder droogte gebuk gaan?


Dawie Kok

2012/09/09 10:36:00 AM

Dit is n maklike weervoorspelling vir die boere as dit baie gaan reen in die voor jaar is daar moeilikheid in die na jaar en anders om . Ons Namibiers hoop vir n normale jaar .

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights