Deur ALANI JANEKE
22 Junie 2012

1010 keer gelees | 5 kommentaar

Groot kommer heers in die plaaslike hoenderbedryf oor die toename in hoenderinvoer en die gevolglike druk op hoenderpryse die afgelope paar maande.


Hoenderinvoer wat die Suid-Afrikaanse mark binnegekom het, het die afgelope drie maande sowat 15 000 ton per maand beloop en die plaaslike bedryf is bekommerd oor die invloed wat dit op plaaslike pryse het.

Mnr. Phil Tozer, verkope- en bemarkingskonsultant van Astral Foods, sê invoer het binne ’n kwessie van maande van 5 000 ton tot 10 000 ton per maand tot 15 000 ton per maand gestyg.

Mnr. Chris Schutte, hoof uitvoerende beampte van Astral Foods, beskryf dié invoer as “onverantwoordelik”. Hy sê dit dwing sake-ondernemings op hul knieë, wat werksgeleenthede benadeel.

Brasilië
Een faktor wat ’n groot invloed op Suid-Afrika se mark het, is dat ’n groot hoeveelheid invoer vanaf Brasilië die plaaslike mark oorstroom. Schutte sê dié invoer druk veral plaaslike pryse af omdat die Brasiliane op ander hoendersnitte fokus.

Die Brasilaanse mark spits hom grotendeels op die Amerikaanse vraag na hoenderborsies toe, en derhalwe word hoenders aangehou wat geneties geneig is om groter borsies te produseer. Die res van die hoenderporsies word daar nie as sogenaamde prima-snitte gesien nie en word teen laer pryse na ander markte uitgevoer.

Die Suid-Afrikaanse verbruiker soek weer ’n groter dy en been, derhalwe fokus boere hier op hoenders wat geneties groter bene en dye lewer. Schutte sê die storting van Brasilië se kleiner, maar goedkoper bene en dye op die plaaslike mark, druk pryse vir “prima-snitte” in Suid-Afrika af, wat die voortbestaan van die bedryf bedreig.

“Die prys van hoender is volgens die voedselinflasie-indeks die afgelope vier jaar plat. Sonder die lae inflasie op hoender, sou die land se voedselinflasie veel hoër gewees het,” verduidelik Schutte.

Subsidies
Die subsidies wat oorsese boere ontvang, veroorsaak verdere uitdagings vir die plaaslike bedryf. Schutte sê boere in ander lande kan van eiers ontslae raak as die plaaslike mark oorstroom is. “Hul regerings gee vir hulle subsidies om dit te doen.”

Die Suid-Afrikaanse boer ontvang geen subsidie van die staat nie, en kan nie bekostig om eiers te vernietig nie. “Dit beteken dat jy soms enige prys moet aanvaar vir hoendervleis van ’n goeie gehalte op ’n oorvol mark, terwyl jou produksiekoste presies dieselfde gebly het,” verduidelik Schutte.

Voer
Intussen word die pryse van voer ook ’n ál groter uitdaging vir die bedryf, want hoenders moet weens die invoer langer aangehou word vir ’n beter prys. Schutte sê sowat 70% van die koste om ’n volgroeide hoender van 1,8kg  te produseer, is vir voer.

Astral Foods het ter enige tyd 30 miljoen hoenders en kuikens op sy aanlegte en plase. ’n Volgroeide hoender word gewoonlik op die ouderdom van 34 dae geslag, maar swakker pryse en ’n oorspoelde plaaslike mark lei dikwels daartoe dat die hoenders langer aangehou moet word.

Vir elke ekstra dag wat ’n besending hoenders aangehou moet word, moet sowat 8 000 ton voer aangekoop word, wat die maatskappy se uitgawes per dag met 2,8% opstoot.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2012/06/22 11:59:13 AM

Hierdie is wat die Ingelse se 'n catch 22 situaion... Ek lees so week of so terug van 'n boer wat ook met hoenders begin boer. Die kapitale uitleg vir die 6 hokke is +- 18 000 000 Aan die einde van die dag het hy net 6 werkers nodig om die "boerdery" te bedryf. As ek die regering is en ek moet somme maak sal ek ook eerder goedkoop kos die land laat inkom om die massas te voer ten koste van die 6 wat moontlik hulle werk kan verloor.... Ja ons verstaan dat boere wil van werkers ontslae raak agv kostes en probleme en dis hoekom ek aan die begin gese het wat ek gese het....catch 22. Op die kort termyn gaan die regering wen.....


Daan Erasmus

2012/06/22 03:04:06 PM

Gaan vang 'n haan. Dit is nie net 6 werkers en 'n werkgewer wat op die spel is nie. Die voerhandelaar, die BTW wat betaal vir ons paaie hospitale.


mkruger

2012/06/23 01:16:44 PM

Kan ek hom slag as ek hom gevang het ? Jy is so bietjie reg ja. Die mielies moet/sou in elke geval geoes word. So daar is nie ekstra hande daar nie. Die boere voer hulle eie mielies om so meer wins te maak. Die voerhandelaar stoot sy produksie so bietjie op. Kom ons se daar moet een ekstra hand aangestel word. BTW Uitset - inset is wat werklik betaal word. Ek betaal buitendien BTW op die ingevoerde hoenders.....kanseleer mekaar so te se uit. Jy kan nou maar se net wat jy wil. R18 0000 000 om vir 7 werkers en een WIT eienaar werk te skep. Ek dink maar nog jy gaan aan die verloor kant wees... Moet my nie verkeerd verstaan nie. Elke ekstra hand gaan die koste van die hoenders opjaag so dit maak sin om die arbeiders so min moontlik te hou. Vertel dit egter aan 40 000 000 wat skree vir werk en nog die kommunistiese party/Cosatu agter hulle het. Jy gaan net jouself oortuig niemand anders nie.


J.F.Cronje

2012/06/25 04:30:24 PM

Wens ons kan weer skaapvleis van Australie kan invoer . Dit was top kwaliteit en heerlik !


bester

2012/06/27 09:36:42 PM

Dis nie die aussie vleis wat so "heerlik" is nie,dit so lekker want dis merino vleis, nie ander gemors nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights