Deur ALANI JANEKE
23 Oktober 2012

1940 keer gelees | 12 kommentaar

Die plan vir grondhervorming wat pres. Jacob Zuma op Afasa se kongres voorgestel het, word gesien as ’n bedekte dreigement.


Plan nommer 21, wat kom uit artikel 6 van die Nasionale Beplanningskommissie se voorgestelde plan vir Suid-Afrika, laat boere ril. Dié plan is Maandagaand (22 Oktober 2012) deur pres. Jacob Zuma op die eerste jaarlikse kongres van African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) voorgehou.
 
Zuma sê die plan stel ’n distriksbenadering tot grondhervorming en die finansiering daarvan voor. “Dit stel voor dat elke distrik ’n grondhervormingskomitee op die been moet bring waarin alle belanghebbendes ingesluit word.”
 
Dié distrikskomitee sal verantwoordelik wees vir die identifisering van 20% van kommersiële landbougrond in die distrik en sal aan kommersiële boere die keuse gee om hand by te sit om grond na swart boere oor te dra.
 
Stappe
Die voorstel sal deur middel van drie stappe ingestel word: Die eerste stap sal wees om grond te vind sonder om die mark te “verdraai”. Dít sluit grond in wat reeds in die mark beskikbaar is, grond waar die boer onder ernstige finansiële druk verkeer, grond wat deur ’n afwesige verhuurder besit word wat dit sal verkoop en grond in ’n swak toestand.
 
“Tweedens, ná dit geïdentifiseer is, sal die grond teen 50% van markwaarde (wat nader is aan die regverdige produksiewaarde) gekoop word. Die tekort van die eienaar sal opgemaak word deur kontant of bydraes van kommersiële boere in die distrik wat vrywilliglik deelneem,” aldus Zuma.
 
Zuma se plan se derde stap is: “In ruil vir bogennoemde bydraes, sal kommersiële boere beskerm word teen die verlies van hul grond en hulle sal swart ekonomiese bemagtigingstatus kry. Dit sal die onsekerheid en wantroue wat grondhervorming omvou en die gevolglike verlies van beleggersvertroue verwyder.”
 
Die vierde stap fokus op ’n program vir finansiering, wat die Nasionale Tesourie, die Land Bank en gevestigde wit boere insluit. Die model stel voor dat die koste van grondhervorming tussen alle betrokkenes verdeel moet word.
 
Bedekte dreigement
Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê verskeie bekommerde boere het hom sedert die toespraak genader. ”Die Grondwet beskerm boere om nie hulle grond te verloor nie, hoekom moet so ’n plan vir jou beskerming bied?”
 
“Hierdie plan en stellings word gesien as ’n bedekte dreigement en dit stuur ’n verskriklike ongesonde sein uit. Dit maak die ANC ernstig verdag,” sê De Jager. “Hoe moet ons, na ons baie swaar belasting betaal, opdok vir ’n nasionale plan? In watter soort demokrasie moet ’n individu opdok vir ’n nasionale plan?”
 
Wat die bepaling van markwaarde betref, sê De Jager dit is al voorheen bewys, die produksiewaarde waarna verwys word, hang van die produsent af – nie die grond nie. Hy vertel van ’n plaas in Limpopo wat ’n omset van tussen R10 miljoen en R15 miljoen gehad het, en na dit oorgedra is, nooit ’n omset van meer as R300 000 kon lewer nie.

“Dié voorstel (stap twee) laat ernstige vrae ontstaan oor die kundigheid van die nasionale beplanningskomissie wat die plan saamgestel het.”
 
’n Kwessie wat deurentyd bespreek word en as die kern van die land se grondhervormingsprobleem gesien word, word egter nie deur Zuma aangeroer nie – die werkvermoë van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. De Jager sê: “Ons is baie skepties oor waar die departement die vermoë gaan kry om dié plan deur te voer. Hoe gaan amptenare nou skielik presteer wanneer hulle dit nog nie van tevore kon doen nie?”
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Loots van Rensburg

2012/10/23 12:39:10 PM

Onthou net weinig wat Zuma sê het hy al wel gedoen. Wat sal hierdie anders maak. Die man soek stemme vir sy toekomste verkiesings. Bly kalm en kyk na bo, dis waar jou krag vandaan kom.


Saaiboer

2012/10/23 08:57:49 PM

Hy het seker bietjie lank in die son gesit? Ons raak nou gatvol vir dom uitsprake!


Vee boer

2012/10/24 10:50:48 AM

Die kort en lank van die plan is om grond goedkoop te kry,hulle sal aanhou tot hulle als het.Hulle kom net elke kort kort met 'n ander voorstel of plan..Maar die doelwit bly dieselfde..landbou grond...


mkruger

2012/10/24 07:26:49 PM

Ek stem saam met die eerste gedeelte van sy plan. As ons nie tot op "grondvlak" betrokke raak nie gaan die grond situasie in 'n leleike ding ontaard. Die tweede gedeelte van sy toespraak is weer stemme werf wat die goeie werk van die eerste gedeelte ongedaan maak. Wys net vir 'n mens dat hulle eie loopbane vir hulle baie meer belangrik is as die probleme van die land. Waar kan die boere die ander 50% opmaak. Hulle is klaar oorbelas. Moet Eskom help bou aan sy netwerk betaal te veel vir arbeiders wat nie wil werk nie. Wys jou net hy het nie 'n idee wat in die landdbou aangaan nie...of hy gee nie regtig om nie.


Corneel

2012/10/24 07:48:28 PM

Ek stem saam met die kommentaar in die artikel en die voriges! Sou die belaglikheid dan in praktyk tot uitvoer gebring word - hoe lank gaan hul tevrede wees met 20%? Die eise vir meer sal kom voordat dit geimplimenteer is!!!


soek hulp

2012/10/25 03:33:47 PM

kan iemand my help. ek wil weet of daar 'n beleid is vir grondhervorming. kan 'n staatsdienswerker wie deëltyds kommersiële boer ook grond bekom om te boer?


Frik Jordaan

2012/10/26 01:10:37 PM

Die groot gevaar en dreigement in hierdie plan is die daarstel van distrikgrondkommisie. Dit sal mos ANC plaaslike leiers wees wat hul eie agenda en selfveryking eerste stel. Militante intimidasie en dreigemente sal besetting vooruitloop. Die plan om distrik komitees met jeugliga lede en militantes was ook deur Magabe gebruik. weet mos die SAP het nie die wil of vermoë om sulke optrede te verhoed nie.


Vossie v Straaten

2012/10/26 06:30:27 PM

Weer eens net 'n plan op die tafel om al die ondergeskites te laat verstaan Zuma is besig met iets. Daar sal niks van kom nie want van al sy beloftes het weinig tot daad oorgegaan. Hy is net besig om die regte goed te se sodat hy in die stoel kan bly. 2014 was die datum en kyk wat het hy vermag om die teiken te bereik? Afrika is geduldig, as jy hulle net belowe sal hul tevrede wees om te wag. Dit het nie nodig om dadelik te gebeur nie.


Johan

2012/10/26 08:03:43 PM

Ai hoe goedgelowig is almal gevang nie! Dit is ne Zuma se plan nie, maar die van die boere gunsteling. Mohammed Karaan, wat die pan van hom deelgemaak het van die Nasionale Beplanninskomissie se plan , in hoofstuk 6 van die NPC. Daar is reeds hierop gewys in artikels in Landbouweekblad oor die N P C se verslag , hoofstuk 6. Ek dit is daarop gewys dit is absurd en ondeurdag,maar niemand het reageer nie. En Mohammed word gesien as die landbouredder!


Lettie

2012/10/27 09:14:07 AM

Medeboere, sal Landbouweekblad net 'n artikel skryf oor die Grondbelasting-dilemma waarmee Namibiese boere worstel? Ons is steeds uiters dankbaar vir die "oopdeur-beleid" van die Minister en regering, maar ook hier gaan die kommersiele boer harde bene kou.


tinktinkie

2012/11/01 12:38:33 AM

Sien ek chinese in die plan? En minerale! Met miljarde korrupsie.


Gawie Maritz

2012/11/03 09:20:46 PM

Dit is so jammer wat al vir n baie lang tyd besig is om te gebeur in die Landbou spesifiek. Die land van ons het soveel potensiaal en dan gaan die meerderheid en ruk dit toetaal uitverband want dit gaan oor selfvereiking. Toetale belangeloosheid wat die meerderheid daaruit baatvind en kan nie eers die arme agtergeblewenes wat in die posisie geplaas is om te boer die mas op te kom nie, want ek en jy jy wat het is weer die vark in die verhaal. Moord en plunder is aan die order van die dag en kan getuig van n vermoorde vriend sowel as eie ondervinding en dan word daar gepraat van grond hervorming, as die ANC homself nier eers kan beheer nie reguleer nie! Zuma ruk eers jou self en die ANC totaal reg voor jy die landbou wil regruleer en regeer.Grond is bekom met harde eerlike hande werk sonder magsmisbruik, bloot respek. Dit is om van gal te braak. Boer sonder Grond van NW.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights