Deur MARLEEN SMITH
11 Junie 2012

705 keer gelees | 1 kommentaar

Die landboumaatskappy GWK mag tot verdere kennisgewing geen nuwe Safex-silosertifikate uitreik nie.


Dit volg nadat vasgestel is dat hy die JSE Bpk. se beursreëls vir silo-eienaars oortree het. Die oortreding behels dat hy Modderrivier-silosertifikate vir Safex-koring in sy Douglas-silo’s uitgereik het.

Die Douglas-silo’s is nie ’n geregistreerde Safexleweringpunt nie, maar die Modderrivier- silo’s wel. Altesame 25 450 ton koring was betrokke en teen middel verlede week was 24 050 daarvan nog in die silo.

Modderrivier-silo
Volgens GWK, met sy hoofkantoor in Douglas, het hy die silo-aanleg in dié dorp as ’n verlengstuk van die Modderrivier-silo’s bedryf omdat net ’n beperkte hoeveelheid graan op ’n slag op die Belmont-spoorlyn, wat die Douglas-aanleg bedien, gelaai kan word.

Afsonderlike registrasie van die Douglas-silo’s as ’n Safex-leweringspunt maak dus nie sin nie. GWK het ’n ooreenkoms met Transnet om die koring met verhandeling na die Modderriviersilo’s te vervoer, en die maatskappy dra self hierdie vervoerkoste.

Mnr. Chris Sturgess, direkteur van afgeleide kommoditeitsprodukte op die JSE, sê hulle beskou die oortreding in ’n ernstige lig, hoewel nie as wanprestasie (default) van GWK nie. Wanprestasie sou gebeur het as die graan wat die silosertifikate verteenwoordig, nie beskikbaar was nie.

Hou by die reëls
“Alle silo-eienaars moet besef hoe belangrik dit is om die beurs se reëls presies na te kom. Die hele termynmarkstelsel, wat ’n boer in staat stel om sy risiko te verskans, berus op die integriteit van silosertifikate. Dit is belangrik dat elke Safex-sertifikaat graan verteenwoordig wat op ’n spesifieke tyd op ’n spesifieke plek, gereed vir lewering, is.”

Sturgess voeg by dat GWK uit die staanspoor sy volle samewerking gee. Daar is intussen onafhanklik bevestig dat daar genoeg koring in die Modderrivier-silo is om die nodige verpligtinge van ál die uitstaande sertifikate wat in die gedrang gekom het, na te kom.

Die JSE het intussen ’n amptelike ondersoek na die voorval begin, onder meer om vas te stel of dit ’n uitwerking op markbewegings gehad het en wat GWK gedoen het om die saak reg te stel. As die ondersoek voltooi is, sal oor GWK se voortgesette registrasie as ’n Safex-goedgekeurde silo-eienaar besluit word, lui Sturgess se jongste mark-kennisgewing.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


gert

2012/06/11 09:03:16 AM

hulle steel al lankal boere se geld, kyk maar net hoe lyk hulle pryse by die kleinhandel winkels , ten minste 30 persent duurder as enige ander winkel . lekker ne .die wiel draai

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights