Deur ALANI JANEKE
20 Julie 2012

551 keer gelees | 3 kommentaar

’n Ondersoek na die beweerde oortreding van JSE-regulasies deur GWK is afgehandel en dié koöperasie se silo behou sy registrasie, aldus die JSE.


Dit is “onbetwisbaar” dat die GWK die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) se reëls ten opsigte van Safex-kontrakte oortree het met die uitreiking van silokwitansies wat die Modderrivier-silo as afset- en storingspunt vir koring aangedui het, terwyl die koring in werklikheid op Douglas opgeberg is in ’n silo wat nie geregistreer is nie.
 
Die JSE het sy kommer uitgespreek oor dié gebeure, aangesien dit staatmaak op die integriteit van alle markdeelnemers van die JSE-kommoditeitsmark.

Nietemin dui die JSE volgens ’n verklaring aan dat die koöperasie nie sy status as geregistreerde silo-eienaar kwyt is nie. Die JSE het wel sekere voorwaardes aan GWK gestel, en sê die koöperasie het reeds sy samewerking bevestig.
 
Voorwaardes
Die eerste voorwaarde is dat GWK R20 miljoen aan die JSE moet bewillig as ’n waarborg vir ’n tydperk van 12 maande. Mnr. Chris Sturgess, direkteur van die JSE se kommoditeitsafdeling, sê dié bedrag moet nie aan die JSE uitbetaal word nie, maar dit moet beskikbaar wees sou enige nagevolge weens die gebeure by GWK voorkom.
 
’n Tweede voorwaarde is dat vier onafhanklike oudits oor die komende jaar by GWK gedoen moet word om die volume kommoditeite wat volgens Safex-kontrakte deur GWK opgeberg word, te verifieer.

Van die JSE se bepalings vir dié oudits is dat dit self die datums vir die oudits sal vasstel, en dat die oudits binne twee weke nadat die ouditeursfirma die JSE se versoek ontvang is, voltooi moet wees.
 
Intussen het die JSE bykomende prosesse ingestel om die integriteit en doeltreffendheid van sy markte te vir seker. Een van dié stappe is die publikasie van die opbergingsvermoë van elke leweringspunt, wat ook ’n databasis van die beskikbare opbergingsplek aan markdeelnemers sal bied.
 
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Pasop

2012/07/21 06:28:06 PM

As gevolg van die vorige berig oor hierdie saak, het 'n great kollega haar werk verloor. Ek hoop maar mense besef dat GWK NIE 'n plek is waarvoor jy wil werk nie. Almal is ewe ongelukkig en mense wat regtig waarde aan die maatskappy toevoeg word summier afgedank omdat hulle sê wat op hul gedagtes is. Nou moet ons vure doodslaan omdat die persoon, wat regtig 100% commited was aan haar werk, nie meer daar is nie. Boere vra vrae omdat sy weg is en ons moet net stilbly anders loop ons dieselfde pad. Hulle het 'n baie goeie werker verloor. Hou maar net jou mond en maak soos hulle sê, anders word jy gefire...


Tevrede werknemer

2012/07/24 08:21:20 AM

Dit is jammer dat 'n individu so reageer (kla met die brood onder die arm) oor 'n great maatskappy om voor te werk. Benewens dié enkelinge is ons almal trots op ons maatskappy. Jy gaan ver soek vir 'n plek wat so groot positiewe impak in die breër gemeenskap maak.


Pasop

2012/07/25 10:38:09 PM

Geagte "tevrede werknemer", ek sal nie so ver gaan om met die witbrood onder die arm te kla nie aangesien werk deesdae so skaars is, veral in 'n klein gemeenskap soos ons s'n. Ek kritiseer wel die manier waarop werknemers hanteer word. GWK weet 95% van hul werknemers is afhanklik van hul werk en sal daarom nie sê wat hul pla nie. Wat ek net dink onregverdig is, is die feit dat GWK in die bogenoemde berig verseker oortree het en daardeur ander maatskappy ook onder die soeklig gesit het. GWK is 'n tweede kans gegee op die foute wat gemaak is, maar die persoon wat afgedank is, wat 'n fout gemaak het, word summier afgedank...? Dit is waar dat hulle in die breer gemeenskap 'n verskil maak, maar is 'n deel daarvan dan nie ook om hul werkgewers regverdig te behandel nie? As 'n persoon 'n "gewoonte misdadiger" is, is dit 'n ander situasie, maar om 'n persoon se lewe aan skerwe te laat oor een fout... Ek weet darem nie. Dis net my opinie. Maar kom ons laat dit daar.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights