Deur ALANI JANEKE
27 Junie 2012

432 keer gelees | 1 kommentaar

Die proses om die volstruisbedryf se uitvoerstatus heringestel te kry, het weer ’n terugslag gekry met die H5N2-virus wat op nog drie plase opgespoor is.


Sowat 7 000 volstruise word in die Suid-Kaap uitgeslag nadat die H5N2-virus op nog drie plase opgespoor is. Die voorkoms van die virus is verlede week op ’n plaas naby Albertinia en twee plase naby Heidelberg bevestig.

Mnr. Piet Kleyn, waarnemende hoof uitvoerende beampte van die Volstruisbesigheidskamer (VBK), sê meer as 50 000 volstruise is uitgeslag sedert die voorkoms van die virus in April 2011 die eerste keer bevestig is.

Intussen het die Wes-Kaapse departement van landbou, saam met die nasionale Departement van Landbou, afgekondig dat die beheersone vir die virus, wat die beweging van volstruise beperk, nou bykans die hele Suid-Kaap insluit.

“Die beheersone is nou van die Breërivier tot by die Grootbrakrivier, aan die see se kant van die Outenikwa-bergreeks en die Langeberge. Dis amper die hele Suid-Kaap,” verduidelik Kleyn.

Rooikruis permit
Volgens Kleyn mag geen volstruise binne dié beheersone verskuif word sonder ‘n Rooikruis-permit nie. Volstruise wat na ‘n slagplaas vervoer word, moet ‘n Rooikruis-permit hê. Dié permit word deur ’n staatsveearts toegeken.

Dié permit het ’n lang proses vir die slagting van volstruise tot gevolg. Plase wat vry is van die virus, kry ’n permit van die VBK om die gunstigheid van sy volstruise vir slag te bewys. Dié permit is ergter nie genoeg om die diere na ‘n slagplaas te kan neem nie, ‘n Rooikruis-permit is ook nodig.

Dié permit behels dat ’n staatsveearts op die plaas moet wees terwyl die volstruise gelaai word. Die veearts moet dan die vragmotor met ’n Rooikruis-permit seël. Die veearts beweeg dan saam met die volstruise na die slagplaas waar hy of sy self die seël moet breek voordat die volstruise geslag kan word.

Volgens Kleyn is die situasie ’n groot terugslag vir die bedryf, want dit vertraag die proses om om uitvoerstatus aansoek te doen.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Elardus Engelbrecht

2012/06/28 11:13:14 AM

Hoeveel staatsveeartse is daar in die land noudat daar 'n ernstige tekort aan hulle is? En hoeveel hiervan kan die volstruisboere bystaan met die proses? Sterkte vir die volstruisboere in hierdie moeilike tye.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights