Deur THEUNS BOTHA
28 September 2012

719 keer gelees | 2 kommentaar

Die vergelykings tussen wit kommersiële boere en swart opkomende boere moet stop, sê 'n landbouleier.


Hoewel daar ’n behoefte aan grondhervorming in die land is, het die tyd aangebreek dat politiek en die voortdurende vergelykings tussen wit kommersiële boere en swart opkomende boere beëindig word, het mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, gevra.

Hy het op ’n boeredag op Kleinpoort gesê dat daar in 1910 net ses miljoen mense in die land was. Die grond en drakrag in die destydse tuislande was genoeg vir die bevolking daar. Die klein getal wit boere het hoofsaaklik in die droër dele van die land geboer.

“Ongelukkig is die nodige aanpassing nie gemaak om vir die veranderde demografie voorsiening te maak nie. Dit moet nou gedoen word. Dit is egter jammer dat daar in die proses steeds sondaars gesoek en uitsprake gemaak word dat wit mense grond van swart mense gesteel het.”

Restitusie terug tot voor 1913?
Volgens Pringle wil mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, toelaat dat restitusie tot vóór 1913 oopgestel word om slegs vir die eise van San- en Koisan-mense voorsiening te maak.

Maar daar is ook druk op hom om dit vir swart mense terugwerkend tot daardie datum te doen. “As dít gebeur, kan dit nóg 30 jaar duur om die kwessie af te handel. Dit sal soos ’n sweer wees wat voortdurend oopgekrap word en is nie in belang van die toekoms van Suid-Afrika nie.”

’n Pluspunt is egter die ANC se amptelike standpunt dat die private eienaarskap van grond binne die proses van herverdeling eerbiedig sal word en dat daar nie sprake van nasionalisering is nie. “Nkwinti het reeds toegegee dat baie geld gemors is met die grondherverdelingproses sedert die demokratisering van die land.”

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Johan v H

2012/09/28 11:51:12 AM

Dit is net jamer dat die proses deur onbeholpe mense in swak staatsdiens gedoen word, daar om sal dit selfs langer vat om die hele "sweer" (wat tans wil oop bars oor poletieke punte inwining). Vir die mense op voetsool vlak beteken dit steeds min of niks, in teendeel aremes verloor nog hul inkomste ook omdat hul nie meer nodig is op die plase waarvan die meeste onproduktief le...


mkruger

2012/09/28 04:10:31 PM

Ek wonder maar net of ek te negatief is en of ander oor optimisties is ? Die "ANC Jeug" het reeds probleme in die mynbou veroorsaak en al nasionaliseer ons nie die myne nie, kom die salaris eise op niks ander neer nie. En dit is wat die jeugliga wou he... Hoe lank voor die "grondverdeling" sy beurt kry. Die regering kon nie veel doen oor die myne nie, so moenie julle hoop op hulle sit as die grondkwessie deur die jeug aangepak word nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights