Deur ALANI JANEKE
22 Oktober 2012

859 keer gelees | 0 kommentaar

Reën en hael het die afgelope naweek skade in dele van die land aangerig, en groot kommer heers oor oeste in die Suid-Kaap.


Groot kommer bestaan oor die gars-, kanola- en koringoeste in die Suid-Kaap ná swaar reën verlede week en oor die naweek in dié deel voorgekom het. Tussen 75mm en 150mm se reën is gemeet. Mnr. Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA, sê dit het vir sowat 10 dae lank sag in die omgewing gereën, en die gewasse het nooit kans gehad om af te droog nie.
 
“Opnames word nou gedoen om die volle impak van die skade te bepaal,” sê mnr. Johan du Toit, ’n boer van die Overberg. Hy sê hulle is onseker oor wat die skade aan die gars-oes in die omgewing gaan wees, want ’n deel van die oes is nog op die lande en ’n deel is reeds gestroop. “Reën dié tyd van die jaar is glad nie gewens nie. Die garspitte kan bars of dit kan begin uitloop.”
 
Oos-Kaap
Intussen is boere in die Gamtoos-vallei, Patensie, Alexandria, Grahamstown en Port Elizabeth ook besig met skadebepalings na reën van 200mm tot 300mm oor drie dae in die kusgebiede van die Oos-Kaap voorgekom het. Mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê in dele is groot skade aan infrastruktuur aangerig. In Alexandria het ’n brug weggespoel en verskeie paaie het ook verspoel.

Kyk hier na 'n video van massas water wat deur 'n Landbouweekblad-leser geneem is.


 
In die binneland van die Oos-Kaap het aansienlik minder reën geval, en Pringle sê boere in dié dele is baie dankbaar vir die reën.
 
In die Langkloof het tussen 100mm en 250mm reën sedert Vrydag, 19 Oktober 2012, geval. Mnr. André de Wit, voorsitter van die Langkloof-boerevereniging, sê groot skade het nie voorgekom nie. “Die enigste groot skade wat aangemeld is, is van ’n boer van Joubertina wat haelskade aan sy vrugte-oes het.”
 
Hael
’n Erge haelstorm het die naweek ook dele van Gauteng getref. Mnr. Dirk Hanekom, hoof uitvoerende beampte van Agri Gauteng, sê die grootste skade is in die Krugersdorp- en Tauton-omgewing aangemeld. “Die omvang van die skade is baie gelokaliseer, want die storm het kol-kol voorgekom. Dit wil egter voorkom of dit nie kritieke afmetings aanneem nie.”
 
’n Formele opname word ook tans in dié provinsie gedoen om skade te bepaal. Kyk hier na 'n video van die enorme haelstorm wat Gauteng getref het.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights