Deur ALANI JANEKE
13 September 2012

530 keer gelees | 0 kommentaar

Ná die opheffing van die moratorium op hidrobreking, waarsku Kwanalu dat ander provinsies ook geraak kan word.


Die algemene aanname dat hidrobreking en skaliegasontginning grootliks net die Karoo gaan raak, is nie korrek nie. Me. Sandy la Marque, hoof uitvoerende beampte van Kwanalu, het op dié organisasie se jaarvergadering gewaarsku dat verskeie ander dele van die land ook geraak gaan word.
 
Sy het gesê dat Sasol en van sy vennote, soos Anglo American, aangedui het dat hulle vir prospekteringslisensies in dié verband in die Vrystaat, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal aansoek gedoen het. “Die kwessie gaan ons dus ook raak en ons moet versigtig oor die saak begin dink en ’n pad en plan vorentoe bedink.”
 
Die aansoek raak die oostelike dele van KwaZulu-Natal.
 
Misdaad
Mnr. Brian Aitken, voorsitter van Kwanalu, sê volgens hul statistiek het misdaad op plase ’n afname getoon. Hy sê die provinsie ly egter steeds groot skade aan die hand van misdadigers in gebiede waar veediefstal, plaasaanvalle en algemene diefstal, “insluitend diefstal van oeste”, voorkom.
 
Mnr. Koos Marais, hoof van die sekuriteitsafdeling, sê een moord is gedurende die eerste vyf maande van die jaar aangeteken, terwyl geen vir die ooreenstemmende tyd verlede jaar plaasgevind het nie. “Vir dieselfde tydperk was daar 14 plaasaanvalle vanjaar en verlede jaar.”
 
Die statistiek bepaal dat 1 moord en 36 aanvalle verlede jaar in die provinsie voorgekom het, terwyl 10 moorde en 39 aanvalle in 2010 aangeteken is.
 
La Marque sê dié statistiek is vir hulle baie belangrik en hulle hou dit baie deeglik by. “Dit is wel interessant om op te merk dat minder as 10% van die slagoffers Kwanalu-lede is.” Aitkin het boere aangemoedig om deel te word van die strukture wat op plaaslike vlak tot stand gekom het om die landelike gemeenskap veilig te hou.
 
Leierskap
Aitken het in sy voorsittersrede gesê dat met die groot aantal uitdagings wat die landbou tans in die gesig staar, sterk leierskap in die landbou baie belangrik is. Hy het ’n versoek aan alle boereverenigings en strukture wat deel van Kwanalu vorm gerig om potensiële leiers na vore te bring.
 
“Nooit tevore in die geskiedenis van die georganiseerde landbou was leierskap so belangrik soos nou nie. Soos Dwight Eisenhower gesê het: ‘Leierskap is die kuns om iemand anders te kry om te doen wat jy gedoen wil hê, omdat hy dit wíl doen,’” sê Aitkin.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights