19 Maart 2012

810 keer gelees | 1 kommentaar

Voorvalle van siektes, dood en probleme met voortplanting onder dier en mens in Amerika kan aan hidrobreking toegeskryf word.


Voorvalle van siektes, dood of probleme met voortplanting onder dier en mens in Amerika kan luidens ’n verslag aan hidrobreking toegeskryf word.

Luidens ’n berig op die webwerf The beef site het die twee skrywers van die verslag onderhoude met diere-eienaars in ses verskillende state in Amerika – Colorado, Louisiana, New York, Ohio, Pennsylvania en Texas – gevoer.

Prof. Robert Oswald
, ’n kenner van molekulêre medisyne aan die Cornell-kollege van veeartsenykundige medisyne, en dr. Michelle Bamberger, ’n veearts, sê hulle het 24 gevalle in die ses state gevind waar diere se gesondheid vermoedelik deur hidroliese breking geraak is.

’n Regstreekse verband tussen dié mynmetode vir skaliegas en die voorvalle kon weens verskeie redes – soos onvolledige toetsing of regskwessies – nie bewys word nie.

Gevallestudies
Van boere wat aan die gevallestudies deelgeneem het, het glo tot 70 beeste verloor nadat hulle aan vloeistowwe komende van die hidroliese brekingsproses blootgestel is.

Nog ’n boer het sy trop in twee gedeel. Altesaam 60 koeie is in ’n veld waar afvalwater ingepomp word ingejaag, terwyl 36 op ander weiveld aangehou is. Van die 60 koeie het 21 gevrek en 16 het in die volgende kalftyd geaborteer. Van die 36 koeie het een weens gesondheidsprobleme gevrek en net een het nie gekalf nie.

Die kenners het ’n hele reeks aanbevelings op grond van die verslag gemaak, maar wat sentraal staan is dat meer toetse vir voedselveiligheid en meer navorsing gedoen moet word op diere in dele waar die mynmetode toegepas word.

Bron: The beef site

19 Maart 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van Blerk

2012/03/20 09:23:04 AM

Ja - en as jy die kraan oodraai, slaan jou water aan die brand weens die gas. En as dit eers gebeur - hoe keer jy die proses om ???

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights