10 Februarie 2011

1529 keer gelees | 1 kommentaar

Die Landbounavorsingsraad moet in opdrag van die Landboudepartement pekelwater-inspuitings in hoendervleis ondersoek.


Die Landbounavorsingsraad (LNR) moet in opdrag van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye pekelwater-inspuitings in hoendervleis ondersoek.

Luidens ‘n verklaring volg dié stap na die departement beweringe van wanpraktyke by Supreme Poultry in Botshabelo buite Bloemfontein ondersoek het. Dié ondersoek is op 18 Januarie gedoen. Die departement het bevind dat die inspuitingspraktyke wat toegepas is, nie aan die bestaande regulasies van veral die Wet op Veiligheid van Vleis, voldoen nie.

Onreëlmatighede rondom bevrore vleis, en die herverwerking en herverspreiding van bevrore vleis wat verval het, is ook opgemerk.

Die bestaande praktyk
Onder die bestaande beleid rondom die praktyk mag pekelwater-inspuitings slegs gebruik word in borsvleis. Volgens die departement word dit egter tans op alle hoendervleisporsies gebruik, en in sommige gevalle word oormatige hoeveelhede – tussen 30% en 60%  - pekelwater in individuele bevrore porsies ingespuit.

Dit is as ‘n oortreding van die wet asook ‘n risiko vir verbruikersgesondheid geïdentifiseer, wat ook lei tot laer voedingswaarde.

Die departement sê hy sal voortgaan om die situasie te monitor, en die abattoir in Botshabelo is intussen opdrag gegee om die wanpraktyke onder die wakende oog van die Vrystaatse Veeartsenykundedienste reg te stel.

10 Februarie 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2011/02/10 08:53:58 AM

ons is die enigste land in die wereld wat nie water by ons hoender te gooi as ons dit wil kook nie, als in een hoender en water! Kits oplossing

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights