Deur ALANI JANEKE
8 Augustus 2012

1012 keer gelees | 1 kommentaar

Hoewel SA se hoenderbedryf tans onder enorme druk gebuk gaan, word belanghebbendes aangemoedig om "uit te hou".


Die plaaslike vee- en melkbedryf gaan oor die komende ses tot nege maande erge druk ervaar totdat graan- en oliesaadpryse daal weens verwagte groter aanplantings in reaksie op voorraadafnames.

Dié verwagting, wat in die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) se vooruitskouingsverslag vir 2012 tot 2021 vervat is, is gegrond op normale weerverwagtinge.
 
Luidens die verslag sal plaaslike vleis- en melkpryse verbeter, want produksie sal na verwagting redelik stagneer weens hoë voerpryse. Die BFAP verwag wel dat die akkerbou-, vee- en pluimveebedryf in 2013 sal groei.
 
Met die bekendstelling van die verslag Woensdag (8 Augustus 2012) in Pretoria het dr. Ferdie Meyer, direkteur van die BFAP, veral die hoenderbedryf aangemoedig om kop bo water te hou. Die buro verwag dat die plaaslike verbruik van hoendervleis met 48% sal toeneem tot 2020, gegrond op 2010/’11 se statistieke.
 
Rooivleis
Luidens die verslag sal nie net die verbruik van hoendervleis in die komende dekade toeneem nie, maar ook die verbruik van rooivleis.

Die verbruik van rooivleis sal wel stadiger groei. ’n Jaarlikse groeikoers van 2,2% in die verbruik van hoendervleis word vir die volgende tien jaar voorspel, teenoor jaarlikse groeikoers van 1,8% vir dieselfde tydperk in die verbruik van bees- en skaapvleis. Die jaarlikse groeikoers in die verbruik van varkvleis vir die ooreenstemmende tyd word op 1,4% geskat.
 
Meyer skryf die situasie wat tans in die rooivleisbedryf voorkom, toe aan ’n versteurde balans binne die bedryf. Die faktore wat tot die versteuring gelei het, is die effek van die droogte op weiding, die toename in die aantal speenkalwers en beeste wat geslag is, en voerpryse. Hy voorspel dat speenkalfpryse volgende jaar rondom R20 per kg kan beweeg.
 
Die BAFP verwag dat die verbruik van bees-, skaap- en varkvleis, gegrond op 2010/’11 se statistieke, tot en met 2020 met onderskeidelik 25%, 20% en 44% sal toeneem.
 
Die prys van beesvleis gaan na verwagting tussen 2012 en 2015 wisselvallig wees, maar vanaf 2015 verwag die BFAP dat beesvleispryse konstant sal styg.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Janus

2012/08/13 02:24:00 PM

Wragtag,maar die man laat dit darem eenvoudig klink! Ons moet net uithou! Dis so eenvoudig ek kan nie glo ek het nie self daaraan gedink nie?! HOU NET UIT. Hou net uit met die kragverhogings,met die loonverhogings,met die klomp ingevoerde LQ's wat in ons mark gedump word,met die die stygende kostes in verpakking en die feit dat hoender se prys basies in 3 jaar se tyd nie gelig het nie. Kêrels,dis maklik hou net uit! Ek kan nie glo die man word 'n salaris betaal vir sulke bevindinge nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights