Deur ALANI JANEKE
13 Julie 2012

639 keer gelees | 2 kommentaar

’n Hoenderboer van Limpopo is naby Letsitele geskiet, terwyl ’n plaaswerker vroeër dié week naby Tzaneen vermoor is.


Die Polisie in Limpopo is op soek na drie verdagtes ná ’n boer van Letsitele Donderdag (12 Julie 2012) by sy plaasstal geskiet is. ’n Verbyganger het gesien hoe een van die boer se werkers, wat die plaasstal waar hoenders verkoop word beman het, deur drie mans aangeval en aangerand word.
 
Kol. James Ngoepe, woordvoerder vir die Polisie, sê mnr. Lappies Labuschange is in kennis gestel van die voorval, en het die werker te hulp gesnel. “Met sy aankoms op die toneel, is Labuschange deur ’n koeëlreën begroet, en hy is op verskeie plekke gewond.”
 
Die drie verdagtes het op die vlug geslaan met ’n onbekende hoeveelheid kontant en selfone. Mnr. Kobus Naudé, eienaar van Northern Security, sê Labuschange is in ’n ernstige toestand in ’n hospitaal in Polokwane waar hy vandag (13 Julie 2012) geopereer sal word.
 
Skedel
“Ek het vroeër met sy dokter gepraat. Hy is volgens die dokter een keer in die kop geskiet, maar hy is oukei. Die koeël sit glo aan die kant van sy skedel,” vertel Naude.
 
Ngoepe sê hulle vra enige lid van die publiek wat die Polisie met inligting oor die voorval kan voorsien, om kol. James Espag by 082 451 7169 te bel.
 
Intussen probeer die Polisie ook inligting bekom ná ’n boer Maandag (9 Julie 2012) op die liggaam van een van sy plaaswerkers in die Retavi-omgewing naby Tzaneen afgekom het. Die man, wat aan twee skietwonde beswyk het, se liggaam is langs die pad gevind.
 
Ngoepe sê dit is tans onduidelik wat gebeur het, want op die tyd van die moord was daar geen hoenders op die plaas om te verkoop nie. Niks is ook gesteel nie.
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


J BENEKE

2012/07/16 03:54:31 PM

Nog 'n boer geskiet! Maar ons betaal almal ons belasting soos goeie getroue burgers! ONs as boere is tog te bly dat dit tog net nie ons is wat geskiet word en intussen boer ons voort asof niks onsself sal oorkom! Dit gebeur omdat samewerking nie bestaan! Ons het die kos! Waarom help ons mekaar nie! Wag ons dalk om om net die buurman se grond te koop sodat ons eie boerdery kan groei in die proses!


melb

2012/07/17 11:29:41 AM

het nou net met hom gepraat, hy e hulle het hom 4 keer in die kop geskiet en een keer net bo sy gewrig

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights