Deur MARLEEN SMITH
15 Junie 2009

2302 keer gelees | 0 kommentaar

Hoendervleis is sterk op pad om die plek van beesvleis in die mark oor te neem, waarsku ’n bestuurder van ’n kettingwinkelgroep.


Hoendervleis is sterk op pad om die plek van beesvleis in die mark oor te neem, waarsku 'n bestuurder van 'n kettingwinkelgroep.

Mnr. George Ferreira, vleisbestuurder van die Spar-groep, het op die Vrystaatse RPO-kongres inligting van ses maande gelede gebruik om te wys hoe verbruikers in die laer tot middel-inkomstegroep vleis koop.

Die meeste koop hoender- (40%) en beesvleis (40%), daarna volg aankope van vark- (15%) en lamsvleis (5%). Hoender is egter vinnig besig om bees verby te steek, as dit nie reeds het nie, sê hy.

Hoendervleis is per kilogram inderwaarheid heelwat duurder as beesvleis as die bene proporsioneel tot die gewig in berekening gebring word. "Maar hoenderboere het gewen deur na die huisvrou te gaan luister. Hoender neem die mark oor," het Ferreira gesê.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 19 Junie 2009.

15 Junie 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights