Hommeltuig bied blitsig gewasdata

Deur Liezl Vercueil
8 Maart 2017
Dié hommeltuig verwerk inligting in die lug en lewer minute na landing multispektrale beelde van landerye.

Volledige multispektrale beelde van landerye is nou binne minute na landing beskikbaar met Haevic se nuwe AgriAnalys-hommeltuig. Dit neem gewoonlik tussen twee en sewe dae om dié soort beelde per hommeltuig te bekom.

Dié beelde gee ’n aanduiding van plantstres of siektes in landerye. “Haevic het die verspreidingsregte bekom vir die puik Slantrange multispektrale kamera,” sê dr. Gerhard Coetzee, besturende direkteur. “Hierdie kamera is sonder enige twyfel die voorloper op die gebied van afstandopnames binne die multispektrale bandwydte.”

Die hommeltuig kan vir sowat 50 minute in die lug bly en die kamera begin tydens die vlug reeds inligting verwerk. “Die resultaat van die vlugopname is binne minute beskikbaar nadat die hommeltuig geland het. Dit is ’n eerste vir Suid-Afrika.

“Resolusie is teen 4 cm beskikbaar, wat satelietbeelde by verre oortref. Geen internetverbinding is nodig vir die AgriAnalys-produk nie, wat beteken dat die AgriAnalys-hommeltuig selfs in verafgeleë gebied gebruik kan word,” sê Coetzee.

Kontak: 018 285 1291


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels