Deur ALANI JANEKE
19 Junie 2012

1399 keer gelees | 6 kommentaar

’n Boer van Nieuwoudtville is “moedeloos verby” met rondloperhonde wat al 164 van sy skape doodgebyt het.


 “Moedeloos verby” is hoe mnr. Theuns Kotze van die plaas Willemsrivier sy gemoedstoestand beskryf.

Die mees onlangse slagting het verlede Donderdagnag (14 Junie 2012) plaasgevind. Kotze vertel dat sy plaasbestuurder gereageer het op ’n alarm om een van die ooie se nekke wat afgegaan het.

Die bestuurder het op twee honde afgekom wat besig was om skape dood te byt, en het een gewond. Die honde het by vier kampe ingekom en 31 skape – 28 lammers en drie ooie – doodgebyt.

Die honde is Vrydag (15 Junie 2012) deur die Polisie doodgeskiet.

Grensheinings
Kotze sê sy plaas grens aan twee informele nedersettings, en niemand het respek vir grensheinings nie. “Die mense kap eenvoudig die draadheinings plat, dan loop hulle waar hulle wil en die honde ook.”

Die oplossing wat die meeste mense gee, is dat Kotze eenvoudig die honde wat hom skade aandoen, moet doodskiet. “Almal sê skiet dood, maar die honde is so skelm - as hulle die bakkie sien, los hulle die bytery net so en hardloop terug na hul huise toe. Op die persoon se eiendom mag jy niks doen nie, dan is jy die skuldige.”

“Ek skryf hierdie brief aan julle want ek glo dis ’n landwye probleem. Ek kyk na my diere en pas hulle op. Al wat ek vra, is dat hulle dieselfde doen,” aldus Kotze.

Die Hantam-munisipaliteit het Kotze Vrydag ingelig dat iemand hom op sy plaas sal besoek om die situasie te ondersoek, maar nog niemand het besoek by hom afgelê nie.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


henk

2012/06/19 05:54:07 PM

Mense pas net op om honde sommer voor die voet te skiet ek is aangekla vir saak beskadiging my eie plaas werkers het teen my getuig indien u meer daar oor wil weet stuur n email


Piet Ferreira

2012/06/19 08:22:14 PM

Ek het 'n moontlike oplossing. Mnr Kotze kan my skakel by 082 446 5129.


Tertia

2012/06/19 08:22:56 PM

Blykbaar in die karoo het hul n halsband gemaak wat om n skaap se nek pas met een of ander gif. As n hond of Jakkals die skaap byt dan vrek hy onmiddelik. Miskien moet julle probeer uitvind oor die halsband.


Louis Kritzinger

2012/06/19 08:48:39 PM

Ek het die afgelope jaar self 32 ooie verloor agv rondloper honde,niemand wil verantwoordelikheid vat en almal hou honde aan en party is net geraamtes ek skiet enige hond wat ek in n kamp kry.Waar is die honde belasting


Onbekend

2012/06/20 07:19:04 AM

Julle kan met Andries Strauss in aanraking kom by Glen in Bloemfontein. Hy het baie navorsing gedoen oor die halsbande vir die skape.


Maruis Ferreira

2012/06/20 09:02:21 AM

Jy kan my pa, Büchner Ferreira, kontak vir raad, hy het 'n soort gelyke saak teen die Nelson Mandela Munisipaliteit gewen, "rondloper" honde het meer as 'n 100 van sy skape, ooie en lammers verskeur. Sy kontak nommer is : 042-2952521, sterkte !

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights