Deur ALANI JANEKE
29 Mei 2012

1323 keer gelees | 2 kommentaar

Mnr. Graeme Anderson, die boer wat in ‘n koma geplaas is om hondsdolheid te oorleef, sterk stelselmatig aan, sê sy dokter.


Die boer wat in ‘n koma geplaas is om hondsdolheid te oorleef, sterk stelselmatig aan, sê sy dokter. Dr. Grant Lindsay, die 38-jarige mnr. Graeme Anderson se geneesheer, sê Anderson is tans in ‘n kritieke dog stabiele toestand.

Anderson, van underberg in KwaZulu-Natal, is die afgelope 25 dae in ‘n koma. Anderson sê ná Anderson met hondsdolheid gediagnoseer is, is besluit om die Milwaukee-metode te gebruik om sy lewe te red. Dié metode bepaal dat ‘n pasiënt vir 14 dae onder verdowing in ‘n koma geplaas word. Lindsay sê hulle het 11 dae gelede opgehou om Anderson te verdoof, en sy kanse op oorlewing lyk elke dag beter.

Volgens Lindsay bepaal dié behandelingsmetode dat ‘n pasiënt, ná die verdowing gestop is, tot so lank as 28 dae nog in ‘n koma kan wees. “Hy trek vandag by dag 11, so daar is nog ‘n lang pad voor.”

Anderson is steeds aan ‘n ventilator gekoppel.

Anderson het die gevreesde siekte opgedoen toe hy ‘n rondloperhond opgetel het. Dié hond het aan sy hande gelek, wat hom aan die virus blootgestel het.

29 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/30 03:51:11 PM

Wonderlik, ek werk vir veeartsenydiens en hondsdolheid is een van die mees gevreesde siektes wat ons bestry, ek vertrou dat elke leser hierdie artikel sal onthou, baie sterkte aan mnr Anderson en sy geneeshere, alle eer aan die Heer wat hulle daardie wysheid gee,Spoedige herstel.


Butch van blerk

2012/05/30 10:21:36 AM

Dis darem wonderlike nuus dat mens van die dodelike siekte moontlik kan herstel - dis waar mens nou die medici geluk kan wens - dis darem goeie werk - as hierdie boer oorleef ,sal dit groendeels as gevolg van hulle goeie werk wees - sterkte vir mnr anderson en ons hoop hy herstel sommer gou

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights