Deur ALANI JANEKE
14 Junie 2012

802 keer gelees | 0 kommentaar

Die boer wat sy stryd teen hondsdolheid verloor het ná sowat vyf weke in die hospitaal, is op sy plaas ter ruste gelê.


Ná ’n dapper stryd van sowat vyf weke teen die gevreesde siekte hondsdolheid word mnr. Graeme Anderson, ’n 29-jarige boer van Underberg Donderdag (14 Junie 2012) op sy plaas ter ruste gelê.

Dr. Grant Lindsay, Anderson se geneesheer, sê die masjiene wat Anderson aan die lewe gehou het, is verlede Vrydag afgeskakel ná hy breindood verklaar is.

Hy sê Anderson “is seker die mens wat nog die langste oorleef het ná hy nie meer verdoof is om in ’n koma geplaas te word nie.” Die Milwaukee-metode van Amerika is gebruik om Anderson te behandel. Dié metode bepaal dat ’n pasiënt vir twee weke lank in  ’n geïnduseerde koma geplaas moet word. Ná die twee weke word die verdowing geleidelik verminder. ’n Pasiënt wat dan herstel, kan tot 29 dae lank nog in  ’n koma bly.

Bloedklont
Lindsay sê Anderson het baie goeie vordering getoon sedert sy verdowing gestaak is, maar hy vermoed  ’n bloedklont het tot sy dood gelei. “Die bloedvate bondel maar saam met so ’n siekte en ek vermoed  ’n bloedklont het daartoe gelei dat hy breindood verklaar is.”

Mnr. Mike Green, direkteur vir Aartappel SA in KwaZulu-Natal (KZN), sê Anderson het sowat vier jaar gelede begin om aartappelsaad te kweek en hy het groot potensiaal getoon. “Hy was verlede jaar onder die drie nasionale finaliste vir Saadkweker van die Jaar. Hy het goed gepresteer.” Anderson het saam met sy pa geboer. Die familie is ook groot beesboere in die distrik.

Anderson het die virus opgedoen toe hy  ’n rondloperhond opgetel het om dit vir  ’n vriend te gee. Die hond het aan hom gelek en hy het die virus so onder lede gekry. Anderson was ook in sportkringe as  ’n kranige kanovaarder bekend.

Gauteng
Intussen berig Beeld dat die Gautengse departement van landelike ontwikkeling sy maatreëls om die verspreiding van die virus in die provinsie te beperk, verskerp het. Dít volg ná  ’n drie maande oue rondloperhond vroeër die maand in die provinsie aan die siekte dood is. Die hond het van die Oos-Kaap gekom en die departement vrees dat hy ook met ander honde in aanraking was.

Die hond was die derde troeteldier wat die afgelope 18 maande van ’n ander provinsie na Gauteng gebring is, wat positief vir die virus getoets het. Mnr. Malcolm de Budé, hoofdirekteur van die departement se veeartsenykundge diens, sê die situasie is tans onder beheer, maar hulle versoek alle troeteldiereienaars om hul diere dringend te laat inent om verspreiding te voorkom.

“In 2011 is ’n kind in Gauteng dood nadat ’n hond met hondsdolheid hom in die oog gelek het. Dit hoef nie ’n byt te wees nie. Dit is die ergste moontlike manier om te sterf,” waarsku De Budé.

Bron: Beeld
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights