JOHAN FOUCHÉ
14 Augustus 2003

1608 keer gelees | 0 kommentaar

Dit maak sin om landbougrond in 'n nuwe eiendomsbelastingbedeling anders as ander eiendom te behandel, sê prof. Johann Kirsten van die Universiteit van Pretoria se departement landbou-ekonomie, voorligting en landelike ontwikkeling.


Dit maak sin om landbougrond in 'n nuwe eiendomsbelastingbedeling anders as ander eiendom te behandel, sê prof. Johann Kirsten van die Universiteit van Pretoria se departement landbou-ekonomie, voorligting en landelike ontwikkeling.

Hy het in 'n voorlegging aan die Parlement se portefeuljekomitee vir provinsiale en plaaslike regering gesê landbougrond behoort glad nie, of teen 'n marginale koers van sowat 0,1 % op die verbeterde waarde van die grond belas te word gewasse, wingerde en boorde uitgesluit ? om in pas met die land se grootste handelsvennote en mededingers te wees.

Hy twyfel of die koste van grondwaardering en die insameling van belastings, teen 'n koers wat nie die landbousektor ernstig sal knou nie, dit hoegenaamd vir stadsrade die moeite werd sal maak om eiendomsbelasting op landbougrond te hef.

Prof. Kirsten sê die meeste van die voorleggings wat uit landbougeledere aan die komitee gedoen is oor die Wetsontwerp op Munisipale Eiendomsbelasting bevat geldige argumente oor die gevolge wat eiendomsbelasting op die landbou kan hê.

Hy glo enige belasting op landbougrond sal die lae beleggingsopbrengs op landbougrond verder verlaag. 'n Koers van meer as 0,5 % sal 'n beduidende nadelige uitwerking op grondwaarde hê. Verskeie doelwitte van die Strategiese Plan vir SA Landbou kan benadeel word, onder meer om meer welvaart in die landbou en plattelandse gebiede te skep, volhoubare werkgeleenthede te vermeerder en boerdery-inkomste te verhoog.

Prof. Kirsten sê die landbou is nie net verantwoordelik vir voedselproduksie, werkskepping en 'n verdiener van buitelandse valuta nie. Dit vervul ook rolle soos omgewingsbewaring, die bevordering van toerisme en die lewering van maatskaplike dienste aan werkersgemeenskappe. Daar kan geredeneer word dat pleks daarvan om die landbou verder te belas, die gemeenskap eerder die landbou moet betaal vir hierdie gratis dienste, sê hy.

Mnr. Yunus Carrim, voorsitter van die komitee, sê hy dink nie die ANC sal toelaat dat boere glad nie eiendomsbelasting betaal nie, maar hy meen die party sal wel simpatiek wees ten opsigte van 'n voorstel dat eiendomsbelasting van inkomstebelasting afgetrek word.

22 Augustus 2003


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights