Deur ALANI JANEKE
19 September 2012

386 keer gelees | 0 kommentaar

’n Internasionale landboumaatskappy wil ’n belang van 50% in Senwes se bestaande gevestigde Afrika-strukture verkry.


Uitbreiding in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) is boaan die agenda van ’n onderneming wat gesamentlik deur Bunge Bpk. en Senwes Bpk. bedryf word.

Bunge EMEA (Bunge Europe, Middle East and Africa) word reeds sedert 1 Oktober 2011 bedryf. Dié groep hanteer die invoer en uitvoer van mielies en koring in die streek.
 
Luidens ’n verklaring het Bunge aangedui dat hy ’n opsie wil uitoefen om ’n belang van 50% in die bestaande, gevestigde Afrika-strukture van Senwes te verkry. Dié opsie is in ooreenstemming met die oorspronklike ooreenkoms wat die twee maatskappye aangegaan het. “Die bykomende belegging deur Bunge bevestig die maatskappy se verbintenis tot die uitbreiding van die onderneming in Afrika,” lui die verklaring.
 
Afrika
Senwes se Afrika-strukture sluit in Senwes Malawi, Senwes Zambië, Senwes Mosambiek en Senwes Kenia. Senwes Zimbabwe gaan in die nabye toekoms tot die lys bygevoeg word. Dié entiteite spesialiseer in graanverhandeling en vorm deel van die Suid-Afrikaanse maatskappy se strategie om in die SAOG ’n geïntegreerde graanbemarkings- en graanverhandelingshuis te vestig.
 
“Bunge se kundigheid in internasionale graanmarkte en risikobestuur, saam met Senwes se vermoëns ten opsigte van verkryging en goeie verhouding met produsente, sal die gesamentlike onderneming in staat stel om sy bedrywighede in the streek op ’n volhoubare wyse te ontwikkel,” aldus Senwes. Die samewerking sal op die uiteindelik bydra tot voedselsekerheid in die streek.
 
Bunge lewer ’n wye reeks dienste waaronder die koop, verkoop, opberging, vervoer en verwerk van oliesade. Dit is in 1818 gestig en is in White Plains, in New York, gevestig.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights