Constantia en Rondebosch is deur die
ANC-jeugliga uitgesonder as private eiendom wat aan die armes van die Wes-Kaap gegee kan word sodat hulle daar kan leef.
Dít is een van nege eise wat die organisasie Maandag (27 Augustus 2012) aan me. Helen Zille, Premier van die Wes-Kaap, gestel het.
Luidens ’n
berig op
News24.com het mnr. Khaya Yozi, jeugliga-voorsitter in die distrik Dullah Omar, gesê: “Daar (in Constantia en Rondebosch) is wit mense wat nie eens in Suid-Afrika leef nie. Hulle leef oorsee. Tog besit hulle grond in ons land. Sonder grond kan ons nie baklei vir die ekonomie wat ons wil hê nie.”
Meer as 1 000 betogers het aan die optog na die Wes-Kaapse Wetgewer deelgeneem.
DrukMnr.
Tony Ehrenreich, Cosatu se provinsiale sekretaris, het gesê die vakbond sal al sy lede in die provinsie vra om druk op Zille uit te oefen om die Demokratiese Alliansie (DA) se benadering tot spesifieke behuising in gegoede dele van die Kaapse Skiereiland te verander.
“Dit sal nie lank wees voor ons in Constantia, Rondebosch en Seepunt leef nie. Cosatu wag vir Helen Zille om ons ernstig op te neem. Sy skuil agter die Polisie. Ons moet seker maak dat ons hierheen terugkom,” aldus Ehrenreich.
OnderskatDié uitsprake is deel van die retoriek wat die publiek kan verwag om te hoor in die aanloop tot die ANC se leiersverkiesing in Desember vanjaar, meen prof. André Duvenhage, politieke kenner verbonde aan die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-universiteit.
Duvenhage sê
politieke uitsprake oor grond gaan toeneem, “maar die kans vir die praktiese uitvoering daarvan is baie beperk. Ons het gesien dat die staat die Grondwet en sy bepalings sal huldig.”
“Hoewel dit in ’n mate as lawaai beskryf kan word, moet die erns van dié soort uitsprake nie onderskat word nie,” meen Duvenhage.
Bron:
News24.com