Deur SUSAN BOTES
19 September 2012

870 keer gelees | 7 kommentaar

Prof. André Jooste is as die nuwe uitvoerende hoof van Aartappels Suid-Afrika (ASA) aangestel.


Jooste is tans die hoof van die markte- en ekonomiese navorsingsentrum by die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) en sal op 1 November by ASA se span aansluit.

Mnr. Ernst Yssel, voorsitter van ASA, is baie opgewonde om ’n man van Jooste se kaliber aan te stel. ‘‘Ek sien uit na die samewerking. Ons wil graag die aartappelbedryf tot nuwe hoogtes toe voer en Jooste se profiel pas daarby aan. Die aartappelbedryf is ’n dinamiese bedryf en ek weet Jooste sal goed daarby inskakel.’’

Jooste volg mnr. Mark du Plessis op. Du Plessis het ASA vroeër vanjaar verlaat om as handelshoof by die landboumaatskappy GWK aan te sluit.

‘‘Ek het lekker saam met Du Plessis gewerk en ek glo dat ons ook lekker met Jooste sal saamwerk,’’ sê Yssel.

Dié pos sal nuwe uitdagings aan Jooste, een van die land se voorste landbou-ekonome, stel. Die pos sal van hom vereis om met boere en die mense in die res van die waardeketting te skakel en hy sal ook die personeel moet bestuur.

Jooste is veral bekend as ’n ekonoom met ’n passie vir die rooivleisbedryf, maar Yssel meen nie dat dít ’n probleem sal wees nie. ‘‘Die onderliggende kwessies bly dieselfde vir alle voedselsoorte.’’

Meer inligting sal eersdaags in Landbouweekblad verskyn.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Minda Bornman

2012/09/19 04:08:54 PM

André is 'n uitstekende keuse v hierdie pos!


Faffa

2012/09/19 04:32:29 PM

Baie geluk Andre!


Alec Azar

2012/09/21 10:25:24 AM

Geluk Andre, jy sal n goeie aanwins vir bedryf wees


Bennie van Zyl

2012/09/21 10:27:12 AM

Baie geluk en sterkte André - ASA kan net groot baat vind met jou aanstelling.


Kevin Maart

2012/09/21 11:00:58 AM

Vanuit 'n transformasiehoek is Andre die beste kandidaat vir sodanige pos. Die integrering van nuwe toetreders uit voorheen-agtergeblewe gemeenskappe in die hoofstroom-ekonomie moet dringend aandag geniet en Andre is die man daarvoor. Ek wens hom alle sterkte toe met die grootse taak om een van ons uitblinker-kommoditeitsorganisasies tot nuwe hoogtes te lei.


Michiel Scholtz

2012/09/21 04:02:49 PM

Ag nee Andre, gaan jy nou 'n "vegetable" word. Die rooivleisbedryf gaan jou mis.


Charles

2012/09/29 11:10:06 AM

Fractionalizing McCain or Frito-Lays, antimerger legislation and antivertical integration legislation will not improve farm income. The greater the degree of vertical and horizontal integration in marketing, the greater is the farmer's share. For example, meats are fairly perishable and involve considerable processing: yet the farmer's share of the consumer's rand is higher than for fruits and vegetables. It is notable that, despite this tendency, farmers and consumers generally have been fearful of integration and have opposed it in marketing.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights