Deur ALANI JANEKE
29 Augustus 2012

617 keer gelees | 0 kommentaar

’n Nuwe handelsplatform vir graanverhandeling by geregistreerde silos kan binnekort geïmplementeer word.


’n Nuwe handelsplatform vir grane word deur die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) beoog as ’n moontlike gedeeltelike oplossing vir die kwessies en kommer wat rondom die liggingsdifferensiaal bestaan. Die platform, wat voor einde vanjaar bekend gestel sal word, sal kopers en verkopers in staat stel om op silovlak sake te doen.
 
Mnr. Chris Sturgess, direkteur van die kommoditeitsafdeling, sê die platform sal kopers en verkopers beter toegang tot die “basismark” bied en daartoe lei dat produkte aan ’n groter gehoor beskikbaar gestel word. Die 200 silos wat by Safex geregistreer is, sal deel wees van die platform.
 
“Dit sal binne die beginsel van die differensiaal plaasvind, want dit vul die hele proses aan, maar dit kan die verkoper ’n kans gee om sy produk beskikbaar te stel waar ’n groter vraag bestaan,” aldus Sturgess.
 
Deursigtigheid
Volgens Sturgess het ’n verslag deur dr. Matthew Roberts, assosiaat-professor by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, opgemerk dat verbetering rondom die bepaling van liggingsdifferensiale die totale proses meer deursigtig sou maak.
 
“En groter deursigtigheid in die basismark kan uiteindelik beteken dat die differensiaal wegval. Dit kan dus as ’n gedeeltelike oplossing vir die kwessie gesien word,” aldus Sturgess.
 
Pryse
Hy sê hoewel dit nie moontlik is om te voorspel wat graanpryse in die toekoms gaan doen nie, veral met die situasie rakende droogtes in die wêreld en graanvoorrade nie, moet die suidelike dele van Afrika die situasie tot hulle voordeel gebruik.
 
“Dit bied groeimoontlikhede aan ons buurlande meer noord, soos Zambië, om die mark te betree, en sakegeleenthede te ontgin,” meen Sturgess.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights