Deur ALANI JANEKE
11 Julie 2012

902 keer gelees | 0 kommentaar

Boere in die Wes- en Suid-Kaap juig oor die reën wat in die streek geval het, met party dele waar tot 80 mm gemeet het.


Nadat milde reën sedert verlede week oor die Wes- en Suid-Kaap uitgesak het, is groot skade in die stedelike dele van Kaapstad aangerig. Op die platteland is egter nog geen reën- of waterskade aangemeld nie.


Agri Wes-Kaap het ’n opname oral in sy streek gedoen en die meeste boere het aangedui dat hulle baie dankbaar is vir die reën.

In die distrik Swellendam het van 1 mm tot 10 mm reën geval, terwyl ander dele in die Karoo geen reën gehad het nie. “Geen reën, geen sneeu, geen verliese, geen wind, baie koue,” lui die verslag uit die distrikte in die sentrale Karoo en Beaufort-Wes.

In die distrikte Stellenbosch en Paarl is onderskeidelik 80 mm en 70 mm reën gemeet en dié boere sê hulle is baie dankbaar oor die “welkome reën.”

Koring
Intussen sê mnr. Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA, die reën “is absoluut uitstekend vir die koring wat tans op die lande staan”. Hy sê boere is oor die algemeen dankbaar vir die reën, aangesien kommer die afgelope paar weke begin ontstaan het oor droë toestande en die invloed daarvan op aanplantings.

Dié kommer is vererger weens verwagtinge dat vanjaar se koringoes aansienlik kleiner gaan wees as verlede jaar s’n.

“Dis fantastiese reën, baie lieflik. Dis ’n absolute bonus en veral die Suid-Kaap lyk baie mooi,” sê Theron. Hy sê boere is dankbaar dat sagte, deurdringende reën geval het, want die water wat geval het, het nie af-of weggeloop nie.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights