Deur ALANI JANEKE
25 September 2012

359 keer gelees | 0 kommentaar

Kospryse in Suid-Afrika is hoog op die Kabinet se voorkeurlys.


’n Geïntegreerde strategie vir voedselsekerheid gaan deur ’n inter-ministeriële komitee hersien word as deel van ’n ondersoek na voedselpryse in die land.

Mnr. Ronald Ramablane, hoof-uitvoerende beampte van die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR), het aan die Kabinet uitgewys dat dít net een van die sake is wat die komitee in die verband sal ondersoek.

Luidens ’n berig op Nuus24.com het die Kabinet dié komitee pas gevra om voorstelle te maak in reaksie op wisselvalligheid en gevreesde voedseltekorte wat veroorsaak kan word deur die droogte in Amerika.

Onmiddellike kwessie
Ramablane het opgemerk dat dié strategie tans een van die grootste bronne van kommer is. Hy het onderneem dat die komitee so gou moontlik ’n voorstel aan die Kabinet sal voorlê vir goedkeuring. “Die onmiddellike kwessie is hierdie droogte in Amerika, wat waarskynlik die ergste droogte in 30 jaar is wat die prys van grane drasties beïnvloed. Dit sal ‘n impak op die prys van vleis ook hê.”

Volgens ’n verklaring vanaf die Kabinet moet die komitee “dringend voorstelle bespreek oor hoe om voort te gaan en moet onmiddellik medium- en langtermyn-beleidsvoorstelle indien”.

Bron: Nuus24.com


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights