Deur JOYLENE VAN WYK
23 Augustus 2012

619 keer gelees | 0 kommentaar

Mededingendheid in die wynbedryf gaan nou hopelik verbeter word deur middel van die Kabinet se hulp.


Die Kabinet het sy steun gegee vir ’n reeks stappe om kleinhandelaars van Brittanje se besluit om wyn eerder in grootmaat in te voer as gebottel te versag.

Die handelsbalans vir uitvoer tussen Suid-Afrika en Brittanje is erg skeefgetrek deurdat Brittanje verlede jaar sowat R1,7 miljard se whiskey na Suid-Afrika uitgevoer het en Suid-Afrika net R993 miljoen se wyn daarheen uitgevoer het.

Mnr. Stephen Hanival, die Departement van Handel en Nywerheid se hoofdirekteur vir agro-verwerking, het in ’n media-inligtingsessie gesê dat tot sowat 700 werksgeleenthede in die botteleringsafdeling van die land se wynsektor verlore gegaan het weens die besluit om eerder grootmaatwyn as gebottelde wyn uit te voer.

Meer as die helfte van die wyn wat verlede jaar uitgevoer is, was in grootmaat, wat ’n groot risiko vir die land se wynbedryf inhou, het hy gesê. Hy het benadruk dat hierdie grootmaat-neiging onder die skyn van omgewingsbesorgdheid gedoen word.

Kostedoeltreffend én omgewingsvriendelik?
Kleinhandelaars in Brittanje hou vol dat die grootmaat-invoer van wyn nie net koste-doeltreffend is nie, maar ook beter vir die omgewing is. Hanival het gesê dat dié soort kwasi-omgewingstandaarde na ander sektore, soos die uitvoer van vrugtesappe en brandedwyn, kan oorspoel.

Om die bedryf te steun het die Kabinet dit goedgekeur dat ’n vyfjaarstrategie vir die wynbedryf ontwikkel word om dit op ’n pad van volhoubare groei te plaas. ’n Program moet ontwikkel word vir omgewingsvriendeliker maniere om wyn in die land te produseer.

Inisiatiewe wat die uitvoermark sal help diversifiseer asook maatreëls om moontlike werksverliese te voorkom na aanleiding van Brittanje se standpunt, moet ondersteun word.

Hanival het ook gesê dat daarna gekyk word om whiskey in grootmaat in te voer en sy hoop uitgespreek dit nie handelsprobleme sal veroorsaak nie.

Maar wanneer Suid-Afrika se handelsbelange ondermyn word, moet opgetree word, het hy gesê.
Me. Sue Birch, uitvoerende hoof van Wines of South Africa (Wosa), het gesê die bedryf verwelkom enige ondersteuning van die Regering, veral hulp met diversifisering.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights