Deur NICO VAN BURICK
11 Augustus 2011

1259 keer gelees | 1 kommentaar

Die landbou is ’n primêre sektor waarop ander sektore gebou en werk geskep kan word as die tegnologiese uitdagings reg gehanteer word.


Die landbou is ’n primêre sektor waarop ander sektore gebou en heelwat werk geskep kan word as die tegnologiese uitdagings reg.

Só sê prof. Mohammad Karaan, dekaan van die fakulteit agriwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch en lid van die Regering se Beplanningskommissie, sê werkskepping en beter onderwys is van deurslaggewende belang vir Suid-Afrika.

Onverwerkte grond
Inligting van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) aan die Universiteit van Pretoria wys dat Suid-Afrika nog sowat 2 miljoen ha onbewerkte landbougrond het. Wat water vir die landbou betref, kan daar deur besparings en nuwe opgaardamme voorsiening vir sowat 500 000 ha gemaak word.

Karaan sê indien besproeiingsgebiede uitgebrei word, bedrywe met hoë groeipotensiaal gekies word, waarde toegevoeg word en klem gelê word op arbeidsintensiewe bedrywe, kan 330 000 ha benut en sowat ’n miljoen werksgeleenthede geskep word.

Daarvan kan sowat 640 000 primêre en 320 000 sekondêre werksgeleenthede wees waarvan die helfte in die kommersiële sektor en die ander helfte in die ontwikkelende landbousektor geskep kan word. Nóg meer is moontlik met goeie tegnologiese ontwikkeling en gunstige beleid.

Maak grondhervorming werkbaar
Oor grondhervorming en die nuwe groenskrif het Karaan gesê hy het nie kritiek daarop nie, maar dat dit nog verfyn moet word om dit werkbaar te maak.

“Daar is grondliggende kwessies wat nie in beleid in ag geneem word nie en reggestel sal moet word.”

Dit sluit in die koste van grond en te min geld om mikpunte te haal, sekerheid van verblyfreg wat nie beleggings ontmoedig nie, opleiding van nuwe boere, die identifisering van begunstigdes, toegang tot markte en die rol van tradisionele owerhede.

11 Augustus 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Lorenz Hesse

2011/08/12 09:42:00 AM

Voor daar met die verfyning van grondhervormimg begin word, moet die beginsel van opleiding in diepte ondersoek word en vir die praktiese plaasgemeenskappe van voordeel wees. Ek noemm die voorbeeld - daar is in 'n boeregemeenskap 'n vakkundige-voorligtingsdag. Wie neem deel - net die boer self of sy seuns? Waar is die voormanne met baie jare ondervinding? Opleiding moet die praktiese voormanne en jarelange werkers insluit. Landbou, tuinbou en bosbou moet weer 'n vaste skoolvak word in landelike skole. Daar moet oor suiwer meer landbouskole na gedink word. 'n Tipe vakleerlingskap moet oorweeg word om 'n breër opleidingsvlak by die verskillende vakgebiede te ontwikkel, naamlik veeteel, akkerbou, tuinbou, groente kweek, vrugtebedryf. Die boerderygemeenskap moet besin oor meer doelgerigte opleiding en moet by die skole begin.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights