Deur ALANI JANEKE
1 November 2012

603 keer gelees | 2 kommentaar

Navorsing, of eksplorasie, is nodig om te bepaal of Suid-Afrika lewensvatbare skaliegasbronne het.


Die werklike omvang van Suid-Afrika se skaliegaspotensiaal en die moontlikheid dat dit ’n lewensvatbare energiebron is, sal eers bepaal kan word as kenners toegelaat word om navorsing, of te wel eksplorasie, te doen.

Dr. Danie Vermeulen, direkteur van grondwaterstudies by die Universiteit van die Vrystaat, sê dié mynaktiwiteit kan die ekonomiese landskap van Suid-Afrika verander.
 
Vermeulen het die navorsingsverslag wat Econometrix vroeër vanjaar bekend gestel het, aangehaal en verwys na die tussen 300 000 en 700 000 werksgeleenthede wat skaliegasontginning in die land kan skep. “Dit sal nie alles in die Karoo gebeur nie, want as jy na die groter prentjie kyk, sal jy sien dat ander geleenthede aan dié bedryf gekoppel kan word,” haal Engineering News hom aan.
 
Water
Die land se watervoorraad en of genoeg water beskikbaar sal wees vir hidrobreking, die metode wat vir skaliegasontginning gebruik word, is ’n kwessie wat Vermeulen bevraagteken. “Dit sal ook nie bekend wees totdat navorsing uitgevoer kan word nie.”
 
Hidrobreking gebruik, volgens Vermeuelen, wel minder water as die ontginning van ander minerale, soos steenkool, maar dit sal in een van die droogste dele van die land onderneem word. Hy sê die metode sal nie die grondwater van die gebied besoedel nie, want die boor van die putte vir skaliegas gaan baie dieper as grondwatervlakke.
 
Die oppervlakte wat deur hidrobreking ontwrig word, kan volgens Vermeulen ten volle herstel word, “hoewel die chemikalieë wat in die aardkors ingepomp word, nooit verwyder kan word nie. Ek ondersteun skaliegasontginning, want ons het energie in dié land nodig.”
 
Bron: Engineering News
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


LV

2012/11/01 04:16:55 PM

In 'n artikel in die Volksblad op 14 Junie 2012 het Dr Vermeulen se kollega, Prof Gerrit van Tonder egter gesê dat hulle nuwe navorsing gedoen het wat bewys dat chemicalië wel opwaarts kan beweeg en grondwater kan beinvloed. Dit is nadat Prof van Tonder blykbaar self voorheen van mening was dat hidrobreking geen skadelike gevolge vir grondwaterbronne inhou nie. Om te sê ons het energie in die land nodig, beteken NIE noodwendig dat dit deur skaliegas voorsien moet word nie, en nog minder steenkool! 'n Uitdaging vir wetenskaplikes, verbruikers van krag en die regering. En om te sê dit sal werk skep? Klink vir my meer na 'n geval van die een se dood is die ander se brood...


JN

2012/11/02 11:16:26 AM

Daar is alreeds in die laat sestigs en vroeë sewentigs vir olie geboor in die Karoo. Dit het aan die lig gekom dat die gate wel gas lek en dat die water nie bruikbaar is in die onmiddelikke omgewing van die gate nie. Frankryk het reeds skaliegas ontginning verbied en 143 ander Europese lande het 'n verbod daarop geplaas. In Amerika kan die gas maatskappye nie eers die water wat besoedel is ordentlik skoon maak nie. Daar kan wel werksgeleenthede geskep word tydens eksplorasie en oprigting van die toerusting, maar na dit is daar net 'n span van sowat 60 mense nodig om die werk verder te doen. Ek kry die gevoel dat die publiek net halwe waarhede vertel word. Ons sit met 'n energiebron, die son, wat glad nie benut word in Suid-Afrika nie. Dr. Vermeulen is reg as hy sê ons het energie nodig, maar is dit nodig om alles te verwoes ter wille van geld?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights