1 Junie 2012

1015 keer gelees | 0 kommentaar

Hidrobreking hou die risiko in om een van die grootste waterbesoedelingsprobleme ter wêreld te word, sê ’n kenner.


Prof. Gerrit van Tonder, ’n kenner verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, sê volgens ’n berig op Nuus24.com, hy het in Julie verlede jaar aan boere in die Karoo gesê hulle hoef nie bekommerd te wees oor besoedeling weens dié mynmetode nie.

Ná Van Tonder egter sy navorsing in dié verband voltooi het, het sy standpunt verander.  ‘‘Hidrobreking is ’n ernstige saak. Daar sal moeilikheid wees, en Shell en die ander maatskappye wat betrokke is moet kennis neem.’’

Baie seker
Van Tonder sê hy is nou ‘‘100 persent seker’’ dat ondergrondse water van die Karoo-kom opwaarts kan vloei. As hidrobreking toegelaat word, sal die water gevolglik die gifstowwe afkomstig van dié metode na varswaterbronne op die oppervlak bring.

Dít sal baie groot probleme vir boere skep. Die mynmetode gebruik sand, water en chemikalieë om vir skaliegas te prospekteer of om dit te myn.

Intussen het me. Dipuo Peters, Minister van Energie, gesê probleme met hidrobreking moet met navorsing en tegnologie oorkom word. ‘‘Ons kan nie dat ’n seën ongebruik lê nie . . . As skaliegas een van dié seëninge is, gaan ons dit gebruik."

Bron: Nuus24.com


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights