6 Augustus 2012

664 keer gelees | 0 kommentaar

’n Bejaarde kersieboer van Clocolan is oorlede ná hy tydens ’n vakansie in KwaZulu-Natal met ’n baksteen aangerand is.


Ná ’n bekende kersieboer van Clocolan vir sowat ’n week lank in ’n koma was, is hy in ’n Durbanse hospitaal oorlede.

Die 80-jarige mnr. Kempen Higgo, is twee weke gelede met ’n baksteen oor die kop geslaan toe hy vis en skyfies wou gaan koop terwyl hy en sy 81-jarige vrou, Adri, in Scottburgh, aan die KwaZulu-Natalse kus, vakansie gehou het.
 
Luidens ’n berig in die Volksblad het die rower met Higgo se beursie gevlug. ’n Veiligheidswag het op hom afgekom en die owerhede en reddingsdienste in kennis gestel. Hy het kort ná die voorval ’n vier uur lange breinoperasie ondergaan en was sedertdien in ’n koma.
 
Terugslag
Higgo het erge bloeding op die brein opgedoen. Hy het verlede Donderdag (2 Augustus 2012) ’n terugslag beleef en is kort daarna oorlede.
 
Mnr. Gerrit Higgo, die egpaar se seun, sê hy het diep spore in die gemeenskap getrap. Hy het op die plaas Van Niekerkshoop gewoon. ’n Roudiens sal eerskomende Saterdag (11 Augustus 2012) vir hom in die NG Kerk Clocolan gehou word, waarna hy op die plaas Constantia ter ruste gelê sal word.
 
Bron: Volksblad
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights