Deur ALANI JANEKE
17 Julie 2012

489 keer gelees | 2 kommentaar

Klein- en opkomende boere kan die land se voedselsekerheid help dra, sê me. Tina Joemat-Pettersson.


Me.Tina Joemat-Pettersoson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het die staat op ’n onlangse feitesending na Costa Rica om meer te leer van Walmart se inisiatiewe vir kleinboere in dié land, verbind tot dieselfde inisiatiewe in Suid-Afrika.
 
Luidens ’n verklaring het die minister en ’n afvaardiging, wat verteenwoordigers van Agri SA, die TLU SA, die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) en die National African Farmers’ Union (Nafu) ingesluit het, die land besoek.
 
Suid-Afrika het nog altyd na Europa en Noord-Amerika gekyk vir leiding in sy doen en late, maar die minister sê nou kan die land selfs meer leer by sy eweknieë in die Ooste en ander ontwikkelende lande. “Ons is daartoe verbind om handelskakels te ontwikkel en veral van Costa Rica se kleinboere te leer.”
 
Masibambisane
Joemat-Petersson sê die Regering wil soortgelyke strukture vir plaaslike kleinboere ontwikkel as dié wat in Costa Rica bestaan, en die bestaande Masibambisane Landelike Ontwikkelingsprogram is ’n voorbeeld daarvan.
 
Die projek is al in werking gestel in twee provinsies waar kleinboere gehelp word om te meganiseer word deur die oorhandiging van vragmotors, implemente asook deur Nguni-beeste aan hulle te oorhandig. Die projek se doelwitte is om toegang tot markte, finansies en vaardighede aan kleinboere te verskaf. Pres. Jacob Zuma is aan die stuur van die projek.
 
Walmart
Mnr. Mncane Mthunzi, uitvoerende beampte van die Massmart-Walmart groep se verskaffersontwikkeling, sê die minister se verbintenis tot en opgewondenheid oor samewerking met Walmart het hom verras. “Sy het die konsep om kleinboere te bemagtig omarm en ons sien daarna uit om ’n vennootskap met haar departement aan te gaan om dié doelwit te bereik.”
 
Mnr. Mhlobo Mthombeni, woordvoerder vir Afasa, sê Walmart doen vir kleinboere wat Afasa se visie vir kleinboere in Suid-Afrika is. Mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die TLU SA, sê hy hoop die bedryf sal die inisiatiewe en nuwe idees wat Walmart na die sektor gebring het, verwelkom.
 
“Die hoeveelheid opleiding en tegnologie het vir my uitgestaan, opleidingsondersteuning en markontwikkeling is nodig vir diebedryf om te groei. Die feit dat Massmart-Walmart gewillig is om daarin te belê en die bedryf wil sien groei, is verstommend,” aldus Meintjes.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Stefan Buys

2012/07/17 11:54:04 AM

As ontwikkelende boere die tipe van aandag geniet omdat hulle voedselsekuriteit in ons land daar gaan stel, en komersiele boere gebuk gaan onder grondbelastings, verhoogde elektrisiteit, gebrekkige ondersteuning van die nationale regering, swak hantering van landelike beveiliging en verhoogde insetkoste. Dan moet komersiele boere seker maar net bly uitvoer.


S van Biljon

2012/08/04 04:55:02 PM

Ons het n 37 Ha plaas 8 km Buite Randfontein in Gauteng. Ons wil net graag uitvind of daar nie iemand is wat die grond by ons wil huur nie. Hier is voerkrale met drukgang beskikbaar. Of as iemand dalk sal belangstel on die plaas te koop. Hier is 2 vyf slaakamer huise en twee kleiner huise op. Groot store en baie baie water op die plaas. Sal graag van julle wil hoor

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights