Deur ISABEL STOLTZ
19 Oktober 2012

748 keer gelees | 0 kommentaar

Kleinveepes het in Angola uitgebreek nadat besmette skape en bokke uit die Kongo ingebring is.


Dít ten spyte van ’n verbod op invoer uit lande wat met die siekte besmet is. Die siekte is hoogs aansteeklik en veroorsaak hoë vrektes onder kleinvee en wild. Dit het nooit voorheen in Suider-Afrika voorgekom nie. In 2009 is ’n opskudding veroorsaak toe dit tot so ver suid as Tanzanië gevorder het.

Die jongste uitbreking skep ’n groter risiko dat dit na Suid-Afrika kan versprei. Kleinveekuddes hier het nie immuniteit daarteen nie. Volgens die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) het die dieregesondheidsdiens in Angola waarneming verbeter in die provinsies wat aan buurlande grens om te keer dat dit verder versprei.

Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Dieregesondheidsforum, sê boere is in die algemeen redelik ingelig oor die siekte en die kans is nie groot dat dit tot hier sal vorder nie. “Boere, veral grensboere, moet net hul oë oophou en nie toelaat dat diere oor die grens beweeg nie.”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights