deur ALANI JANEKE
27 September 2012

575 keer gelees | 0 kommentaar

’n Volledige strategie is nodig om te beplan hoe die landbousektore klimaatsverandering gaan oorleef


Klimaatsverandering en stygings in temperature kan tot gevolg hê dat landbouprodukte wat tradisioneel in sekere dele van die land verbou word, na ander dele skuif, en bedrywe moet daarop voorbereid wees. Prof. Roland Schulze, ’n emeritus-professor in hidrologie aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, het boere aangemoedig om by so ’n plan betrokke te raak in ’n poging om ook hulself voor te berei.

Schulze het spesifiek na die houtbedryf verwys, en gesê dit sal baie moeilik wees om die logistieke wat reeds vir dié produsente en produkafsetpunte bestaan, te skuif. Hy was een van die sprekers by die TLU SA se jaarkongres in Pretoria, waar die kongres homself daartoe verbind het om onder meer ’n konsulterende rol te speel in ’n poging om die strategie opgestel te kry.

 

Werksessies
Schulze het aan mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die TLU SA, gesê hy meen werksessies met boere uit verskillende bedrywe, soos die melk- of vleisbedryf, kan voordelig wees. Die raad wat by dié sessies gegee sal word, sal dus bedryfspesifiek wees om by klimaatsverandering aan te pas.

Die landboubedryf se aandeel tot kweekhuisgasvrystelling en aardverwarming word tans op sowat 16% geskat. Schulze sê dit verskil van land tot land, maar dié syfer is internasionaal bepaal.

Navorsing het al bepaal dat sowat 1 miljard kubieke meter water oor 40 jaar uit waterbronne kan verdamp. Schulze verduidelik dat dié verdamping bykomend sal wees tot die hoeveelheid wat tans reeds verdamp. “Klimaatsverandering gebeur nou nog stadig, dit gaan ál vinniger raak, en ons moet daarvoor gereed wees.”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights