Deur ALANI JANEKE
20 Augustus 2012

837 keer gelees | 0 kommentaar

Groot kommer bestaan tans oor brande, die invloed daarvan op karige weiding en gevolglik vleispryse aan boere.


Veldbrande hou nie net onmiddellike lewensgevaar en skade aan eiendom vir boere in nie. Dit kan ’n baie ongunstige uitwerking op die land se reeds karige weiding en veevoervoorrade hê.

Mnr. Cor van Vuuren, voorsitter van Agri Noordwes, sê die gevolge hou egter nie daar op nie.
 
’n Verdere gevolg is dat grootskaalse brande tot nóg laer vleispryse aan boere kan lei: “As groot brande voorkom en baie weiding en voer in die slag bly, sal baie boere nie ’n keuse hê as om meer vee te verkoop nie, wat sal beteken dat die aanbod nóg groter sal word en pryse nóg laer sal daal.”
 
Grootskaalse brande het verlede jaar in Noordwes voorgekom, maar Van Vuuren sê dit wil voorkom of die brande vanjaar redelik onder beheer is. “In sekere dele het dit ’n groter omvang as verlede jaar, terwyl dit op ander plekke minder is.”
 
Voorsorg
Van Vuuren sê hy wil alle boere in die land vra om te sorg “dat hulle regtig alles in die stryd werp om brande te voorkom. Baie boere se weiding is klaar, en nóg weiding en voer is bitter skaars – ons kan nie bekostig om enigiets in brande te verloor nie.”
 
Boere word gevra om baie bedag te wees op toestande wat tot brande kan lei – soos kragdrade wat laag hang of voorbrande wat kan handuit ruk. “Hulle moet leer om laag te kyk, soos ’n hond, en alles raak te sien,” aldus Van Vuuren.
 
Boere word ook gevra om die moontlike ontstaan van brande uit hul optrede te oorweeg. “Maak asseblief seker dat ’n brand glad nie uit jou bedrywighede kan ontstaan nie,” vra Van Vuuren. Verskeie wegholveldbrande het al voorgekom omdat iemand ’n sigaretstompie by ’n voertuig se venster uitgegooi het of omdat brande wat langs die pad gemaak word, net so gelaat word.
 
Mpumalanga
Intussen het duisende hektare se veld vanjaar al in Mpumalanga in die slag gebly. Me. Jackie van Wyk, koördineerder vir Working On Fire (WOF) in die provinsie, sê in die naweek van 11 en 12 Augustus vanjaar het hulle 60 brande in die provinsie beveg.
 
“Ons moes in ’n stadium 10 brandbestrydingspanne van ander provinsies inroep om te kom help,” vertel Van Wyk. Sy sê die afgelope naweek (18 en 19 Augustus 2012) het aansienlik minder brande voorgekom. Inligting oor die skade en totale aantal ha wat in die slag gebly het, word tans ingewin.
 
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights