Deur ALANI JANEKE
7 Augustus 2012

533 keer gelees | 0 kommentaar

’n Verslag is saamgestel oor die voertuie wat veediefstaleenhede in die Vrystaat kan gebruik en kommer daaroor, sê VL.


Probleme rondom die beskikbaarheid van voertuie vir veediefstaleenhede in die Vrystaat besorg steeds hoofbrekens.

Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van Vrystaat Landbou se veiligheidskomitee, sê ’n verslag oor die stand van sake is aan die provinsiale polisiekommissaris gestuur.
 
Breytenbach verwys spesifiek na gevalle in Wepener waar die eenheid nie voertuie beskikbaar het nie. “Van die beamptes sê hulle moet ’n geleentheid iewers kry om soms hofsake op ander dorpe te gaan bywoon.”
 
Verder voer baie van die eenhede aan dat hul voertuie by werktuigkundiges is. “Maar hoe is dit dat in die dag en tyd waarin ons leef die voertuie vir weke aaneen by ’n werktuigkundige staan?”
 
Grens
Intussen sê Breytenbach hulle wag op terugvoering van die staat oor voorstelle wat rondom die Lesotho-grenssaak ter tafel gelê is. Onderhandelinge in dié verband het verlede maand in Pretoria plaasgevind, maar ’n ooreenkoms kon nie bereik word nie.
 
Verskille bestaan onder meer oor spesifiek twee voorstelle rakende die polisie, en Breytenbach sê die staat moet voor die einde van die maand antwoorde daaroor aan die VL verskaf. Sou ’n ooreenkoms nie bereik kan word nie, sal die VL verdere regsaksie oorweeg.
 
Landbou.com wag nog op terugvoering van die polisie oor dié kwessie.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights