15 Desember 2011

972 keer gelees | 0 kommentaar

’n Konferensie oor grondhervorming word vir 2013, die jaar wanneer Suid-Afrika se Naturellen Grond Wet, Wet 27 van 1913, ’n eeu oud is, beplan.


’n Konferensie oor grondhervorming word vir 2013, die jaar wanneer Suid-Afrika se Naturellen Grond Wet, Wet 27 van 1913 (die wet op grondbesit vir swart mense), ’n eeu oud is, beplan.

Luidens ’n verklaring is die tema van die konferensie Verdeelde grond: Grond en die Suid-Afrikaanse samelewing in 2013. Drie instansies sal as gashere vir die kongres optree. Dit is die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Wes-Kaapland.

Die organiseerders sê hulle hoop dat dié konferensie nuwe perspektiewe op  grond en die verhoudings wat tussen gemeenskappe en grond bestaan, sal ontgin.

“Die antwoorde lê nie in maklike slagspreuke en opportunistiese politiekery nie,” lui die verklaring. Die organiseerders sê die kongres sal aan navorsers in die akademie, die burgerlike samelewing en die staat die geleentheid gee om die “grondkwessie” uit alle hoeke te bespreek.

Grondhervorming kan nie net onder landboubeleid ingedeel word nie; so kan die maatskaplike betekenis daarvan ook nie bloot net binne noue, ekonomiese terme verstaan word nie.”

Die program
Die konferensie sal om vier hooftemas georganiseer word: Die nalatenskap van die Naturellen Grond Wet, grond en die omgewing, grondhervorming en die herverdelingsbeleid, en die verskillende betekenisse van grond ten opsigte van identiteit, regte en besit.

Die organiseerders wil die konferensie ook so struktureer dat dit aan belanghebbendes die kans bied om oor ’n pad vorentoe en moontlike uitdagings vir die toekoms te besin.

Die eerste uitnodigings sal vroeg in 2012 uitgestuur word, terwyl die konferensie van 24 tot 27 Maart 2013 in Kaapstad beplan word.

15 Desember 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights