Deur ALANI JANEKE
6 Junie 2012

2255 keer gelees | 4 kommentaar

Honderde boere staan tans tou om ook hul boerderybedrywighede na die Kongo uit te brei, sê dr. Theo de Jager van Agri SA.


De Jager is voorsitter van Agri SA se Afrikakomitee. Hy sê sedert die eerste suksesse van die groep boere wat hulle reeds in dié land gaan vestig het, bekend geword het, het honderde boere Kongo Agri en die regering van Kongo Brazzaville al gekontak.

Volgens De Jager moedig die Kongolese regering boere aan om deur middel van Kongo Agri met hom te skakel aangesien die organisasie vir dié doel gekontrakteer is.

Ná die sukses wat dié boere gehad het om hul eerste mielies in die grond te kry, het die Kongolese regering aangedui dat hy van plan is om nog sowat 45 000 ha se grond moontlik aan Suid-Afrikaanse boere beskikbaar te stel. De Jager sê dié grond sluit sowat 15 000 ha veegrond in. Sowat 80 000 ha grond is aanvanklik aan Kongo Agri gekontrakteer.

Beïndruk
De Jager sê ’n groep van 39 boere maak tans deel uit van Kongo Agri en die vordering wat hulle gemaak het, het die Kongolese regering ongelooflik beïndruk. Altesame 13 van dié boere het hulle op die Kongolese plaas gaan vestig. Nóg 13 het hul boerderye daarheen uitgebrei en pendel tussen die twee lande, terwyl 13 lede sake vanuit Suid-Afrika help bedryf.

Die Kongolese Regering het in 1999 sowat 20 000 ha grond aan Amerikaanse boere gegee om vir dieselfde doel aan te wend. De Jager sê dié groep boere, wat 45 trekkers tot hul beskikking het, het in die afgelope 13 jaar sowat 300 ha van dié grond skoongemaak en ontbos.

Die eerste Suid-Afrikaanse boere het verlede jaar op 16 Desember in die Kongo aangekom en die eerste diesel was op 3 Januarie vanjaar beskikbaar. Sedertdien het dié groep reeds 1 200 ha ontbos, skoongemaak en ’n deel daarvan met mielies beplant. “Dit is ongelooflik wat die ouens al daar reggekry het, en dít met vier trekkers,” vertel De Jager. Die boere werk 24 uur per dag in skofte om die grond skoon te maak.

Plaaslike gemeenskap
De Jager sê die plaaslike inwoners dra die boere op die hande. Hy sê kort ná die eerste watertenk gebou is en dié tenk begin oorloop het, het die plaaslike mense in lang rye met bekers by die boere opgedaag. “Die manne het toe besluit om saam te span en hulle het ’n 800m lange pyp na die informele nedersetting aangelê sodat die mense water kan hê.”

Nóg ’n vorm van hulp was om ’n kragpunt daar te stel vir die inwoners om hul selfone se batterye te kon laai. Voorheen het seuns van tussen 14 en 15 jaar oud elke dag met sakke vol selfone 27 kilometer ver na die naaste dorp, Makabana, gehardloop om te vra of hulle selfone by winkels en dies meer daar kon laai.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Willem

2012/06/06 10:10:58 PM

DIT is ongelooflik manne! Nuwe graan porodusent mecca vir Afrika aan die kom! Waar kan ons opteken?


Louis van As

2012/06/07 04:12:23 PM

Wys jou wat ons mense kan doen!! Mooi so manne..


Stoffies

2012/06/08 02:07:10 PM

Voorwaar mense waarop ons trots is en nog baie van gaan hoor. Dit is lekker indien jy waardeer word vir wat jy doen vir iemand anders, al is dit in n ander land. Hier in ons sogenoemde land is ons in elk geval en sal altyd as die "vyand" geag word. Niks krediet wat opgebou is deur ons voorvaders nie, net wat "hul" kan vat vir hulle self! Nasiebou bestaan nie, dis net die eie "EK" wat saak maak nou- vat wat jy kan en se dis "Apartheid" se skuld. Baie van ons wat 2de oudste is en nie plase ge-erf het nie, stel baie belang. Geldelik dalk nie sterk genoeg om daar te kom nie, maar die wil en deusettings vermoee sal al ander oortref. Is daar werk vir ons?


chris petrie

2012/06/10 10:49:23 AM

Om dit te lees maak my weer trots om te se eks n suid afrikaanse boer mooi so manne wys hulle wat kan n boer doen.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights