Deur NICO VAN BURICK
4 Junie 2010

2573 keer gelees | 3 kommentaar

Ondanks die pessimisme oor grondbesit bly landbougrond ’n goeie belegging, sê mnr. Ernst Janovsky, van Absa AgriBesigheid.


Ondanks die pessimisme oor grondbesit en grondhervorming bly landbougrond ’n goeie belegging. Dit is beter om grond te koop as om geld in die bank te laat lê, sê mnr. Ernst Janovsky, hoofbestuurder van Absa AgriBesigheid.

Janovsky het op Agri Noordwes se jongboerkonferensie in Lichtenburg voorspel dat grondpryse nog minstens vir die volgende drie jaar met 10% tot 12% per jaar gaan styg. “As jy jou buurman nie nou uitkoop nie, gaan dit oor drie jaar 30% meer kos.”

Moenie blind staar
Hy sê hy kan die besorgdheid oor grondbesit verstaan omdat dit ’n belangrike produksiemiddel is, maar mense moet hulle nie blind staar teen slegs grondbesit nie. In Amerika word net 3% van landbougrond deur die eienaars daarvan self, verwerk.

Janovsky meen boere hoef hulle ook nie te kwel oor huurpag nie. “Dit sal net ingestel word op grond wat deur die staat besit en beheer word. Huurpag pas goed in by die stelsel van stamhoofde en kommunale grond en as die staat ’n huurder op grond plaas wat nie produktief benut word nie, is dit makliker om hom te verwyder en iemand anders in sy plek te plaas.”

“Die landbou se prentjie bly optimisties. Produktiwiteit kan nog verhoog, daar is winsgewendheid en banke gaan die landbou bly finansier,” het hy gesê.

4 Junie 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Stefan Buys

2010/06/07 03:38:49 PM

As grond groei teen 10%, teen watse rentekoers sal ABSA my geld leen om grond te koop.


Jongboer

2010/06/07 09:57:14 AM

As ABSA die grond sal betaal, sal ek dit koop.


Grobbies

2010/06/05 12:20:52 AM

Mnr. Janovsky, kan jy nie 'n paar mense in die regering gaan skud dat hulle kan wakker word en begin dink nie?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights