3 Augustus 2012

1695 keer gelees | 6 kommentaar

Die wanbesteding van R495 miljoen by die Departement van Grondhervorming het aan die lig gekom.


’n Spesiale verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) skets hoe enkele amptenare van dié departement vir grootskaalse korrupsie in die departement gesorg het. Bewerings van wanadministrasie, wanbestuur en onwettige optrede met die toestaan van grondtoelaes word ondersoek.

Volgens sy tussentydse ondersoekverslag fokus die SOE in hierdie fase op 36 verskillende sake, wat almal verband hou met geld wat in die vorm van grondtoelaes uitbetaal is. Dié vermeende bedrog het glo vanaf 1 Januarie 2006 tot 18 Februarie 2011plaasgevind.

“Die totale waarde van die toelaes wat ondersoek word, is R495 miljoen,” lui die verslag. Die ondersoeke van die SOE het gelei tot die inhegtenisneming van vier amptenare en ’n sakeman in Kwazulu-Natal. Al vier amptenare het borgtog.

Bedrieglike toekenning van toelaes
Die amptenare was na bewering betrokke by die bedrieglike toekenning van toelaes. Weens die ondersoek is hulle deur die departement geskors. Hierdie amptenare en nog ander word ook ondersoek vir die moontlike betrokkenheid by ongerymdhede in ander projekte wat die SOE ondersoek.

Met die ondersoek van die SOE is ook vasgestel dat die betrokke plase nooit na die begunstigdes oorgedra is nie. Dié plase is na eksterne entiteite oorgedra wat glad nie aan die toelaagproses verbind is nie.

Die ondersoek het ook gelei tot die beslaglegging van drie plase ter waarde van sowat R51 miljoen in Kwazulu-Natal. Luidens die verslag het die departement vyf bykomendesake wat verband hou met bedrog van sowat R90 miljoen rakende grondtoelaes.

Die SOE het ook agt sake oor toelaes met grondhervorming ter waarde van R91 miljoen na die Suid-Afrikaanse Polisiediens verwys. Altesaam 12 amptenare is in tugverhore en drie is geskors.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Elardus Engelbrecht

2012/08/03 05:12:41 PM

Hmmmm, eendag as ek groot is, wil ek ook 'n kroek wees en 'n stinkryk staatsamptenaar word. ;-D Nee, op ernstige noot - dit is 'n absolute skande dat hierdie vieslike korrupsie hoegenaamd plaasvind. Ek wens SOE alle sukses toe in hierdie sake. Hou asb ons almal op hoogte hoe die sake vorder.


Saaiboer

2012/08/03 05:13:34 PM

Verwag julle nou rerig dat hulle met al die geld werk en nie 'n klompie in hulle eie sak steek nie? Hulle wil ook op die soustrein ry. Kom ons wees net 'n bietjie billik.


Fonnie

2012/08/04 09:39:30 PM

Ek vermoed hierdie is maar net die sekoei se oortjies. Krap maar daar gaan nog baie skandes uitkom. Onthou in Afrika was ons nog nooit skaam om mekaar in te doen nie.


butch

2012/08/05 09:37:46 PM

Ons sal nie papiere groot genoeg kry om al die nulle op neer te skryf oor al die korrupsie sedert 1994 nie. Interessant soos hierbo, is dat baie korrupsie oopgevlek word, baie, maar die gtootste skok denkbaar is dat so te se geen van die fondse of gevind, of verhaal word nie. daar is talle der talle sulke voorbeelde. Om iemand te vang vir misdaad en aan te kla is een ding , maar om hom skuldig te vind en te laat betaal daarvoor, is 'n heel ander. Eers dan is die oefeming suksesvol. Beslis nie wat hier gebeur nie !


Pieter

2012/08/06 10:21:34 AM

Hulle kan gerus maar die vrystaat ook ondersoek , ek kan hulle op die spoor sit van nog sulke gevalle ! !


Ria

2012/08/11 07:25:56 PM

Dis goed dat dit oopgekrap word. Op 'n ander noot. Daar word gesê dat gewillige koper en verkoper nie werk nie. Hier by ons was ten minste 7 eindomme voor geteken en waardasies gedoen en aanbiedinge aanvaar van mense wat nie waardasie gehaal het nie. Ons het ons diere verkoop en blyplek gekry. Ons plek is 'n gevestigde hoender boerdery en die swartman wat die plek sou koop was baie opgewonde maar dit was die laaste wat ons daarvan gehoor het. Dit verduidelik waarom die stelsel nie werk nie. Ons is in Limpopo

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights