Deur ALANI JANEKE
6 Junie 2012

813 keer gelees | 1 kommentaar

Die pryse van verskeie basiese voedselsoorte, soos brood, suiwel, tamaties en aartappels, het in die loop van 10 jaar met meer as 100% gestyg, sê die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR).


Prof. André Jooste, hoof van die Navorsingsentrum oor Markte en die Ekonomie by die NLBR, sê groot kommer bestaan oor die groeiende gaping tussen pryse wat primêre produsente ontvang en dít wat verbruikers in die kleinhandel betaal. Hy het die Landboubesigheidskamer (Agbiz) se tweejaarlikse kongres in die Drakensberge toegespreek.

Jooste sê dit is belangrik om te verstaan wat tot dié hoë pryses aanleiding gee, pleks daarvan om binne waardekettings te begin vinger wys. Volgens hom bestee die armstes van die armes sowat 36% van hul maandelikse inkomste aan voedsel, en teen die spoed waarteen pryse styg, sal dié groep nie kan oorleef nie. 

Produksiekoste op ’n plaas
Jooste sê hoë stygings word tans in die produksiekoste vir primêre produsente en die kleinhandelwaardeketting ervaar. Wat produksiekoste op primêre vlak betref, is ’n gevallestudie op ’n plaas in die Noord-Kaap gedoen.

Dié boer se jaarlikse omset is R4 miljoen. Sy produksiekoste het binne ’n jaar met meer as 20% gestyg. Kunsmis kos die boer sowat 34% meer, terwyl die pryse van brandstof en elektrisiteit op sy plaas met onderskeidelik 25% en 20% gestyg het. “As dié boer enigsins ’n slegte jaar beleef wat die weer of enige ander eksterne faktore betref, sal hy nie meer kan boer nie.”

Vervaardiging en kleinhandel
Intussen het koste in die vervaardigingsektor die afgelope sewe jaar reuse-stygings beleef. Jooste sê die koste van elektrisiteit het tussen Maart 2005 en Maart vanjaar in dié sektor met sowat 177% gestyg, terwyl petroleum- en koolstofprodukte sowat 121% duurder is.

Die koste van ’n plastiekbottel het in dieselfde tyd met 82,2% gestyg. Jooste sê dit is ironies dat die houer wat byvoorbeeld melk bevat tans duurder is as die melk wat daarin gehou word.

’n Kleinhandelaar in die Suid-Kaap het sy boeke aan die NLBR oopgestel sodat sý kostestygings ook bepaal kan word. Jooste sê dié kleinhandelaar – wat ’n klein winkel bedryf en besit – se water-, elektrisiteit- en bankkoste het tussen Februarie 2001 en November 2010 elk met meer as 500% gestyg. Terselfdertyd het die handelaar se wins met sowat 5% gedaal.

Oplossings
Jooste sê die druk op pryse en verbruikers se sakke gaan nog vir ’n tyd lank voorkom. Dié moeilike situasie, wat op alle vlakke in die waardeketting heers, gaan nie vinnig verbeter nie. Hy moedig innoverende oplossings tussen die private sektor, die publiek en die Regering aan.

Met kragtariewe wat op verskeie vlakke kopsere veroorsaak, meen Jooste samewerking is nodig tussen die verskillende waardekettings en die Departement van Energie om ’n plan saam te stel om kragkoste te verlaag. Hy sê ’n voedselbank is ook ’n werkbare idee om voedselsekerheid vir armes te bewerkstellig, terwyl die maatskaplike toelaagsisteem hersien moet word.

Volgens Jooste bestaan daar tans ook ’n leemte wat navorsing oor hoë voedselpryse en die invloed daarvan op verbruikers en die ekonomie betref. Hy sê sulke navorsing sal bedrywe in staat stel om die Regering in te lig oor gebeure en wat hy moontlik kan doen om die situasie te verbeter.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Gert Basson

2012/06/07 06:01:07 AM

Boere soos ek wat net uit landbou 'n lewe moet maak is onder soveel druk om te oorleef dat dit jou hele dag oorheers. Ons is besig om ons dood te bloei en ek lag eintlik half sinies by myself oor die komplikasies vir my en my mense. En ek dink ek wil darem nie gaan lorry drywe nie ! Die eerste wat moet gaan is die varkboerdery wat eintlik die rede is waarom ek oorspronlik kom boer het-en daarmee saam 8 arbeiders met hulle gesinne ; hulle word verplaas deur boere van oorsee wat hulle vleis met subsidies hiernatoe uitvoer!Die punt is die koste van boerdery het te veel geraak om verder te absorbeer.O Ja ek is seker maar 'n klein boertjie het net 28 werkers en omset van oor die 5 milj , maar my bene bewe so julle wat daar boe sit sê asb vir "iemand" julle druk ons dood!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights