6 Augustus 2012

647 keer gelees | 1 kommentaar

’n Sakeman wat weens bedrog in die tronk was, mnr. Kenny Kunene, is nou ’n mede-eienaar van Quion Rock.


’n Omstrede Suid-Afrikaanse sakeman en sy Oekraïnse vennoot is glo die nuwe eienaars van die Quion Rock-wynlandgoed naby Kaap Agulhas.

Mnre. Kenny Kunene en Denys Aloshyn het glo verlede Saterdag (28 Augustus 2012) by dié wynlandgoed opgedaag om ’n aanbod te maak. Die aanbod vir R13 miljoen is aanvaar.
 
Die plaas het luidens ’n berig in Rapport aan ’n beweerde belastingontduiker behoort. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het verlede jaar op Quion Rock se eiendomme, wat aan mnr. Dave King behoort het, by Agulhas en Simonsberg beslag gelê.

Die SAID probeer King se belastingskuld van R1,4 miljard delg deur die eiendomme te verkoop. Weens boetes en rente het dié skuld egter tot R2,5 miljard toegeneem.
 
Kunene het sy aankoop aan die koerant en later op die sosiale netwerk Twitter bevestig.
 
Nog ’n bod
’n Suid-Afrikaanse maatskappy het volgens die berig opdrag ontvang om die plaas namens ’n buitelandse maatskappy te koop. Dié buitelandse maatskappy is glo in Mauritius gesetel. Aloshyn en Kunene het die eiendom voor ’n veiling glo saam besoek en het op die veiling saam gebie.
 
Kunene en Aloshyn het na bewering ook opdrag ontvang om later die maand nog ’n Quion Rock-eiendom, ’n wynlandgoed van 194 ha naby Stellenbosch, te koop. Dié eiendom se waarde word op R80 miljoen geskat en dit word later die maand verkoop.
 
Bron: Rapport
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


leonard

2012/08/06 01:33:35 PM

watse sakeman? di ou het n tipe stripklub/sushibar..

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights