28 Augustus 2012

1386 keer gelees | 0 kommentaar

’n Koei wat kwaad uit ’n vervoerwa gestorm het, het ’n Amerikaanse stad in rep en roer gehad en ’n man erg beseer.


’n Skerpskutter se hulp is onlangs ingeroep ná ’n koei wat kwaad uit ’n vervoerwa gestorm het, ’n stad in Montana in Amerika in rep en roer gehad het. Die swart Angus-koei het glo uit die openbare veilingswerf ontsnap ná sy daar afgelaai is om verkoop te word.
 
Die koei het volgens Associated Press (AP) die stad vir sowat ’n uur en ’n half op horings gehad en voetgangers die skrik op die lyf gejaag. ’n Skerpskutter van die polisie se hulp is ingeroep en hy het haar sowat twee uur ná sy ontsnap het, met ’n enkele skoot in die hart doodgeskiet.
 
Hulp
Mnr. Morgan Logan, ’n konstruksiewerker, is in die twee uur lange episode deur die koei in die lug opgegooi ná hy die polisie wou help om die dier aan te keer. Die 52-jarige Logan was besig om ’n vragmotor vol gruis te bestuur toe hy gesien het hoe die polisie die koei in die strate rondjaag.
 
“Ek was my hele lewe lank nog in kontak met vee, so met die eerste kykslag was dit nogal snaaks om te sien hoe die polisie ’n koei straat-af jaag,” vertel Logan. “Maar sy was soos ’n bul in ’n rodeo.”
 
Die koei het onder ’n boom uit op Logan afgestorm, en toe hy haar sien was dit te laat en sy het hom in die lug opgegooi. Logan het een van sy bene gebreek en van sy ribbes is gekneus.
 
Bron: Associated Press
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights