7 Junie 2012

476 keer gelees | 0 kommentaar

Veediefstal neem skokkende afmetings aan in KwaZulu-Natal met boere wat miljoene rande verloor.


Dit is die bevindinge van ’n gespesialiseerde veediefstalkomitee wat in die provinsie aangestel is om veediefstal te bekamp. Dié komitee het in ’n verslag wat vandeesweek bekend gestel is aangedui dat sowat 4 000 beeste in die eerste drie maande van vanjaar in die provinsie gesteel is.

Boere in die suide van KwaZulu-Natal, wat aan Lesotho grens, het soos boere in die Oos-Vrystaat, aangedui dat veediefstal hande uitruk. Die verslag identifiseer vyf dele wat veral onder diefstal gebuk gaan – Ladysmith, Bulwer, Utrecht, Ezakheni en Bergville, berig IOL.

Hierdie gebiede word beskryf as van Suid-Afrikas se tien streke wat die meeste onder veediefstal deurloop. Volgens die verslag sukkel veral opkomende boere om hul boerdery aan die gang te hou en dié verliese te absorbeer.

’n Taakspan met die naam Projek Izinkomo is aangestel om veediefstel in die vyf geïdentifiseerde gebiede hok te slaan.

Bron: IOL

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights