15 Desember 2011

1133 keer gelees | 1 kommentaar

Afgri se leningsafdeling, GroCapital, is van 1 Desember 2011 af onder die Land Bank se vlerk.


Afgri se leningsafdeling, GroCapital, is van 1 Desember 2011 af onder die Land Bank se vlerk.

Luidens ’n mediaverklaring is die bank baie bly om GroCapital Financial Services Proprietary Limited as deel van sy leningsboek aan boere aan te teken.

Dié transaksie behels dat die Land Bank nou dié debietboek besit en finansier, terwyl GroCapital die administratiewe funksies sal vervul en verhoudings met kliënte sal behou en opbou.

Vyf jaar
Ingevolge die transaksie sal GroCapital voortgaan om nuwe lenings in sy eie naam aan te gaan, maar hy sal die nuwe debietboeke oor ten minste die volgende vyf jaar aan die Land Bank te koop aanbied.

Ná die vyf jaar verstryk het, sal die twee instansies die ooreenkoms en die voorwaardes daarvan nagaan.

’n Debietboek van sowat R5,1 miljard sal na verwagting in die vyf jaar-tydperk aan die Land Bank verkoop word.

Die ooreenkoms sal die twee instansies die kans bied om elk op hul kernbesigheid te fokus. Die bank se bates kan met tot 7,5% groei weens die transaksie. Kliënte sal ook bevoordeel word deurdat hulle toegang to meer geld sal hê, terwyl ’n hoë vlak van dienslewering gehandhaaf sal word.

Afname in skuld
Die deurvoering van die transaksie stel Afgri in staat om die nuut vrygestelde kapitaal vir ander sakegeleenthede te gebruik.

Mnr. Chris Venter, hoof uitvoerende beampte, sê: “Die aansienlike verlaging in skuld is baie belangrik vir Afgri. ’n Verlaging van R1,886 miljard in skuld, wat die eerste deel van die transaksie is, het ’n impak van 40% op die verhoudingratio vir die boekjaar geeïndig op 30 Junie 2011, wat (ná die transaksie) van 5,81 tot 3,47 verbeter het en die skuld teenoor aandeleratio van 2,88 tot 1,68.”

Intussen sê mnr. Phakamani Hadebe, hoof uitvoerende beampte van die Land Bank, hulle is baie opgewonde oor die geleenthede wat die transaksie aan hulle bied.

“Dit is deur transaksies van dié aard dat die Land Bank in staat is om sy aard van finansiële dienste in die opkomende mark te verbreed, wat dus sy rol in die versekering van voedselsekerheid verbeter. Die bank se vermoë om bekostigbare finansiering te bekom en aan te bied, verhoog die geleenthede van bekostigbare voedselpryse in Suid-Afrika.”

15 Desember 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Stefan Buys

2011/12/18 07:11:00 PM

Ek word vir solank as wat ek boer deur Afgri gefinansier. Al my insette nuwe en tweedehandse trekkers en implemente koop ek altyd deur Afgri. Toe die buurman se plaas in die mark kom en ek wend my tot die Landbank het die dinge nie so mooi vir my uitgewerk nie. Ek kan nie help om te dink dat my aansoek om kridiet nie eers behoorlik deur gelees is nie. Ek wonder hoe die verkoop van GroCapital se leningsboek aan die Landbank my boerdery sal beinvloed.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights