6 September 2012

454 keer gelees | 0 kommentaar

Agri SA het boere in ’n verklaring gemaan om hul Land Bank-rekeninge dringend na te gaan.


Dít na aanleiding van ’n bevinding deur die Noord-Gautengse hooggeregshof dat die bank in verskeie gevalle onregmatig saamgestelde rente en koste teen boere se leningsrekeninge gehef het.

Die hof het in Maart vanjaar bevind dit was strydig met die terme en voorwaardes vervat in die betrokke leningsooreenkomste. In sy uitspraak het die hof gelas dat die bank ongeveer R3,3 miljoen aan die betrokke eisers moet terugbetaal.

“Mediaberigte dui daarop dat die bank reeds uit eie reg gepoog het om ’n wesenlike aantal rekeninge reg te stel en dat die bepaalde krediete reeds op die betrokke rekeninge aangebring is.

Regstellings steeds nie korrek
"Selfs waar regstellings reeds gedoen is, is dit klaarblyklik steeds nie reg gedoen volgens die hofuitspraak nie. Dit sal egter diegene wat daarby betrokke is, baat om die rekeninge steeds te laat nagaan,” lui ’n verklaring deur Agri SA. Uit die hofsaak het dit duidelik geblyk dat lenings wat reeds afgelos is, ook vir herevaluering in aanmerking kom.

Mense wat tot einde 1999 leningsooreenkomste met die bank aangegaan het, word spesifiek geraak. Die nuwe Wet op die Land- en Landbou-ontwikkelingsbank (Wet 15 van 2002) het die vorige wet (Wet 13 van 1944) vervang. Gewysigde reëls is vir die bepaling van finansieringskoste deur die Land Bank neergelê.

Luidens Agri SA se verklaring is dit wenslik dat boere vasstel of daar foutiewe renteberekenings op hulle van toepassing gemaak is ingevolge reëlings van die vorige wet. Indien dit wel die geval is, sal hulle egter spoedig moet optree. Die tydstip waarop alle eise in dié verband teen die bank ingedien kan word, verval einde Oktober vanjaar.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights