24 Julie 2012

314 keer gelees | 0 kommentaar

Die Land Bank wil sy 100ste bestaansjaar by die Lenteskou vier. Hy is vanjaar die skou se grootste bankborg.


Die Land Bank is baie opgewonde om deel te wees van die Lenteskou. Hy is vanjaar die skou se grootste bankborg.

Die bank vier op 1 Oktober 2012 sy 100ste bestaansjaar. Mnr. Musa Mchunu, hoof van bemarking en korporatiewe sake, sê die skou se teikengehoor pas presies by die mense wat die bank wil bereik.
 
“Ons is baie opgewonde om deel te wees van die nuwe Lenteskou. Die landboufokus van die skou skep vir ons ’n ideale geleentheid om ons spesiale verjaarsdag te vier, terwyl ons met huidige en potensiële kliënte kan skakel en jong voornemende en opkomende boere kan ontmoet,” sê Mchunu.
 
Trots
Luidens ’n verklaring is die Lenteskou baie trots op die vennootskap met die bank. Mnr. Robert Walker, direkteur van die skou, sê hulle glo dat die vennootskap in die toekoms kan groei.

“Die Land Bank was nog altyd ’n voorloper tot baie historiese gebeurtenisse wat nie net die kern gevorm het van Suid-Afrika se sosiaal-ekonomiese en politieke geskiedenis soos dit vandag is nie, maar ook tot die ontwikkeling van die landbousektor die afgelope eeu.”
 
Die skou word van 1 tot 6 September 2012 by die Tshwane Events Center aangebied. Dit was vroeër bekend as die Pretoria-skou, maar word van vanjaar af herposisioneer as ’n landbouskou.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights