4 Julie 2012

614 keer gelees | 0 kommentaar

’n Ooreenkoms vir ’n lening van R1 miljard wat oor 15 jaar terugbetaal kan word, is tussen die Land Bank en die Afrika-ontwikkelingsbank aangegaan.


’n Leningsooreenkoms, wat tot die voordeel van kommersiële én opkomende boere sal wees, is tussen die Land Bank en die Afrika-ontwikkelingsbank aangegaan.

Die Land Bank sal die lening oor 15 jaar terugbetaal. Die ooreenkoms stel die bank in staat om finansiering, wat spesifiek vir opkomende boere se unieke behoeftes saamgestel kan word, te verskaf. Luidens ’n verklaring is die rede daarvoor dat die lening ’n grasietydperk van twee jaar vir terugbetaling insluit.

“Lenings in die landbousektor vereis ’n grasietydperk van twee jaar vir die kapitaal- en rentekomponente van die lening totdat die projek of plaas kontantvloei begin genereer om die skuld te kan diens. Wat dit betref, sal opkomende boere voordeel trek uit die grasietydperk van twee jaar wat die fasiliteit bied,” verduidelik mnr. Phakamani Hadebe, hoof uitvoerende beampte.

Kommersiële boere
Die verband is volgens die bank mededingend geprys, wat ook kommersiële boere sal bevoordeel en tot die voordeel van die verbruiker sal lei. Die ooreenkoms sal die bank ook in staat stel om nuwe produkte vir sy kliënte te skep.

Volgens mnr. Lebogang Serithi, die Land Bank se hoof finansiële beampte, is die fasiliteit só saamgestel dat opkomende boere toegang tot R500 miljoen se finansiering sal hê, terwyl die oorblywende R500 miljoen vir kommersiële boere aangewend sal word.

“Dié benadering sal tot voordeel wees van die bank se ontwikkelingmandaat, terwyl dit terselfdertyd die beginsels van omsigtige finansiering wat met ’n ekonomiese volhoubare finansiële instansie verbind word, sal toepas,” verduidelik Serithi.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights